Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Veiligheid
Vervoer

Alle voertuie moet aan die vervoerregulasies te voldoen.

TREM-kaarte en etikette van elke produk wat vervoer word, moet in die voertuig se kajuit gehou word.

Onkruidmiddels moet bedek wees wanneer dit vervoer word, om dit teen reën en direkte sonlig te beskerm. Indien 'n ongeluk voorkom, sal dit ook die risikopotensiaal beperk.

 Verwante Inligting...
Hantering
Berging
Vervoer
 

Klimaattoestande mag die chemikalieë beïnvloed .

Sorg moet gedra word om te verseker dat die houers droog is, aangesien water kan lei tot kondensasie in die vervoer-eenheid, wat die verpakking kan beskadig en 'n risiko skep.

Geskikte meganiese toerusting moet gebruik word tydens die oplaai- en aflaaiproses ten einde die risiko vir storting en kontaminasie te verminder.

Drywers moet met omsigtigheid gekies word aangesien hulle 'n groot verantwoordelikheid dra en hulle moet behoorlike opleiding ontvang.

Bestuurderopleiding behoort die volgende in te sluit:

  • produkkennis
  • skeiding van die vrag
  • beveiliging van vragte
  • noodhulp
  • hantering van lekkasies en stortings
  • gebruik van beskermende klere
  • noodprosedures

Elke voertuig moet beskermende klere en noodtoerusting bevat, wat gereeld nagegaan word, vir 'n noodgeval.

Beskermende klere wat in die voertuig moet wees, sluit in:

  • stofbrille
  • rubbervoorskoot
  • rubberstewels
  • rubberhandskoene
  • oorpakke wat vir die drywer en medepassasiers pas

Daar moet altyd absorberende stof, 'n skopgraaf, borsel en swaardienspoliteensakke om stortings te hanteer, in die voertuig wees, sowel as 'n CO²/ chemiese brandblusser.

  • Drywers moet voorsien word met vervoerdatablaaie wat risiko- en noodinligting oor alle produkte wat vervoer word, bevat.
  • Voertuie wat plaagdoders vervoer, moet altyd onder toesig wees en moet gesluit word wanneer hulle parkeer word. Oornagstopplekke moet noukeurig gekies word vir veiligheid en, indien moontlik, vir beskerming teen die elemente.
  • Alle voertuie moet die amptelike trok- of tenkwa-identifikasie, asook gevaarlike chemiese tekens toon, wat verband hou met die vrag wat gedra word.
  • Spesiale instruksies en opleiding moet aan die drywer en medepassasiers gegee word oor hoe om noodsituasies te hanteer.
  • Die naam van die vervoerkontrakteur moet op die trok/tenkwa aangedui word.

Hierdie moet insluit:

  • algemene ongelukke sonder dat die produk lek of stort
  • ongelukke waartydens storting voorkom
  • brandverwante ongelukke
  • beplanning van vervoerroetes kan gedoen word, insluitend nooddienskontakte langs die pad

Nood Vervoer TREM-kaarte moet aan drywers uitgereik word met inligting oor:

  • produkte wat vervoer word
  • aard van moontlike gevare
  • optrede wat geneem moet word
  • voorsorgmaatreëls
  • verskaffer se kontakpersone en -nommers

Die noodkaarte moet in die trok se kajuit gehou word en moet te alle tye binne bereik wees.

  • dokumente met betrekking tot vorige vragte, moet verwyder word.
  • voordat die laaiproses 'n aanvang neem, moet houers en etikette nagegaan word om seker te maak dat hulle geskik is om vervoer te word.
  • goedere wat lek of wat beskadig is, moet nooit vervoer word nie, gesien die moontlike risiko van storting en omgewingskontaminasie.
  • houers moet nagegaan en verwyder word as lekkasie plaasgevind het tydens vervoer.
  • Houers met gevaar-etikette moet geïdentifiseer word met die vereiste gevaar-etikette

Wanneer houers vervoer word, cerkeer hulle onder stres wanneer die remme getrap word en wanneer daar versnel word. Vrag moet derhalwe reg versprei word binne-in die voertuig en vasgemaak word om moontlike skade sover moontlik te beperk.

  • die gewig moet eweredig versprei word
  • ligte goedere moet bo-op swaar goedere gelaai word
  • droë goedere moet bo-op vloeistowwe geplaas word
  • die minder gevaarlike goedere moet bo-op hoër risiko chemikalieë geplaas word
  • as vragte gemeng is, moet die verskillende produkte apart gehou word
  • kennis moet geneem word van spesiale instruksies op etikette
  • die hele vrag moet deeglik vasgemaak word om te verhoed dat artikels uitval wanneer die deure oopgemaak word
  • indien gevaarlike goedere slegs deel van die vrag uitmaak, moet hulle naaste aan die deur geplaas word

Chemiese produkte moet nooit in dieselfde vrag as kos of ander verteerbare produkte vervoer word nie.

Noodprosedures
Indien 'n ongeluk plaasvind, is die betrokkenes se reaksie binne die eerste paar minute van kardinale belang. Vinnige optrede om storting in te perk, kan 'n moontlike katastrofe afwend.

Noodtoerusting wat in die voertuig teenwoordig moet wees:

  • brandblusser (halon-gastipe, CO² of skuim)
  • noodhulpsak
  • beskermende klere
  • stortingbehandelingsmateriaal

Die noodhulpsak moet 'n bottel oogspoelmiddel insluit. Dit moet in 'n maklik bereikbare plek gehou word.

In die geval van storting

  • skakel dadelik die enjin af
  • moenie rook nie
  • stel vas wat die naam en moontlike gevare van die gestorte produkte is
  • bly bokant die wind en stel die ander in kennis dat hulle ook bokant die wind moet bly om kontaminasie te vermy
  • probeer ander mense uit die gebied uithou
  • skakel die nooddienste indien nodig
  • gebruik noodtoerusting om die storting in te perk en op te ruim

Inperking van stortings

  • alle stortings moet met die grootste moontlike sorg hanteer word
  • beskermende klere moet tydens die ondersoek en opruiming gedra word
  • wees versigtig om nie die dampe in te asem nie
  • bedwing klein stortings deur dit met sand of ander absorberende materiaal te bedek
  • groot stortings kan bedwing word deur 'n dam rondom die gekontamineerde gebied te maak
  • stof of korrels wat gestort is, moet met sand of 'n seil toegemaak word
  • maak seker dat die gestorte produkte nie in dreine of waterlope inlek nie. Indien dit gebeur, lig die plaaslike owerhede onmiddellik in
  • skuif of verwyder lekkende houers om verdere kontaminasie te verhoed
  • lekkende houers moet verwyder of mee weggedoen word, om verdere gevaar te voorkom

Brandbestryding

  • klein, beperkte brande moet geblus word deur gebruik te maak van die beskikbare brandbestrydingstoerusting
  • verhoed dat die brand versprei, teen alle koste
  • die voertuig se battery moet ontkoppel word om te verhoed dat vonke verdere ontvlamming veroorsaak
  • vermy die inaseming van dampe

Brande wat die vrag insluit:

  • nooddienste moet onmiddellik uitgeroep word
  • aanliggende houers moet koel gehou word deur water daarop te spuit
  • 'n geslote asemhalingstoestel moet gedra word
  • poeier, skuim en fyn watersproei is die beste maniere om chemiese brande te beveg
  • oormatige watergebruik moet vermy word sodat die water-afloop so min as moontlik is
  • gekontamineerde afloopwater moet opgevang word; bou 'n dam indien nodig
  • daar moet, onder toesig, met die gekontamineerde water weggedoen word

Opruimingsprosedures

  • kom die veiligheidsvoorsorgmaatreëls na, soos op die TREM-kaarte aangedui
  • Monsanto moet gekontak word alvorens met opruimingswerk begin word
  • beskermende klere moet gedra word
  • werk slegs windop van die storting/lekkasie
  • moenie rook, eet of drink tydens die opruimingsprosedure nie
  • materiale wat gebruik is om die chemikalieë te absorbeer, moet in houers geplaas word wat kan toemaak vir veilige wegmaking
  • beskadigde houers moet weggemaak word onder Monsanto-toesig
  • daar moet van enige gekontamineerde klere ontslae geraak word
  • klere met slegs geringe kontaminasie mag weer gebruik word, maar moet deeglik gewas word - die water moet 'n paar keer geruil word en die klere moet afsonderlik gewas word
  • alle houers moet ondersoek word vir kontaminasie en, indien nodig, gedekontamineer word
  • alle gekontamineerde toerusting, sowel as die voertuie, moet behoorlik gedekontamineer word en gekontamineerde materiale moet op 'n toepaslike wyse weggemaak word