|
Landbouplaagdoders is biologies aktief en kan potensieel gevaarlik wees. Dit moet altyd met omsigtigheid hanteer word en behoort in isolasie, heeltemal apart en weg van ander landbouchemikalieë, sade, voer en voedselsoorte, geberg word.
- Bergingsareas moet beveilig wees (dit moet toegesluit kan word) en onder dak (beskerming teen son en reën).
- Moenie toegang bied aan kinders of diere nie.
- Toksiese produkte (Groep-Ia en -Ib) moet apart gehou word en toegesluit wees.
- Plaagdoders moet apart gestoor word om die risiko van brand en storting so laag as moontlik te hou en om moontlike chemiese reaksie tussen verskillende produkte te vermy.
- Wanneer onkruiddoders (aangedui met 'n pers vierkant in die hoek regs bo van die etiketpaneel) tussen ander produkte gestoor word, moet hulle duidelik uitkenbaar wees, asook apart van mekaar om die risiko van kruis-kontaminasie so laag as moontlik te hou.
- Onkruiddoders moet sodanig gestoor word dat storting ingeperk kan word en sodat dit nie by afvoerslote, grondwaterbronne of openbare bronne van water kan uitkom nie.
- Onkruiddoders en ander plaagdoders moet in groepe gestoor word volgens hulle verskillende gevaarkategorieë, bv. brandbaarheid, ontvlambaarheid en gebruik.
- Vuurvaste mure is nodig om te keer dat 'n brand nie na aanliggende geboue versprei nie.
- Ontvlambare verpakkingsmateriaal (plastiek en papier) moet weggehou word van ander produkte, aangesien hulle maklik aan die brand kan raak en beduidend tot die brandgevaar kan bydra.
- Sekere Monsanto-produkte word in brandbare plastiese houers verpak en die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word.
- Bergingsareas moet minstens 100m van oop water af wees.
- Deure moet van staal of soliede hout wees - geen holkern- of paneeldeure nie.
- Nooduitgange moet 'n maksimum afstand van 20m vanaf enige plek in die stoor geplaas wees.
- Ten minste 15% van die vloeroppervlakte moet leeg gehou word vir lugtoevoerdoeleindes en vir maklike toegang.
|
 |
|
Bergingspatrone
- 'n Inventaris en bergingsplan van alle produkte moet gehou word en gereelde aanpassings moet gemaak word, soos wat die voorraad in- en uitbeweeg.
- Bergingsareas moet 'n waterdigte vloer hê .
- Vloere moet gelyk, nie-poreus en van gidspleister-beton wees, en some en muurvoeë moet met epoksihars of silikon geseël wees.
- Pakwerk moet so gedoen word dat dit toeganklik is vir brandbestryding, bv gange tussen pakke en blokke.
- Elke bergingsblok moet duidelik op die vloer gemerk word, sodat dit maklik geïdentifiseer kan word op die vloerplan.
- Indien die blokberging gebruik word, moet die afmetings soos volg tot 'n maksimum beperk word:
- 'n wydte van twee laaiborde en 'n hoogte van vier laaiborde, lengte moet nie agt laaiborde oorskry nie
- 'n inspeksiegang van minstens 0.5m moet tussen die blokke oopgehou word, en 'n gang van 1m tussen blokke en mure
- voorsiening vir voldoende beweegruimte by nooduitgange en rondom brandbestrydingstoerusting moet gemaak word
Dit word ook aanbeveel dat die grootte van blokke wat brandbare goedere bevat, beperk word. Slegs pakhuisaktiwiteite moet in die bergingsarea toegelaat word. Indien herverpakking- en hervullingsfasiliteite benodig word, moet dit sodanig geleë wees dat dit apart van die res van die pakhuis is.
Toegang tot bergingsarea
Voldoende toegang vir op- en aflaaiwerksaamhede, asook vir noodvoertuie en toerusting in die geval van 'n brand, moet voorsien word. Alle kante van die geboue moet maklik toeganklik wees van buite af.
- Uitgange, buiten die hoofdeure, moet voorsien word vir nooddoeleindes. Hierdie uitgange moet vanaf enige plek in die pakhuis binne 20m bereikbaar wees, om te verhoed dat iemand tydens 'n noodgeval vasgekeer word. Hierdie uitgange moet duidelik gemerk word en moet skoon gehou word van enige hindernisse beide binne en buite die gebou.
Stortings
Enige storting moet dadelik by die onmiddellike bestuur aangemeld word en dadelik hanteer word.
- 'n Produk wat gestort het, moet gekeer word om verder in die pakhuis te versprei deur sand of ander absorberende materiaal te gebruik om dit in te perk.
- Vloeistowwe wat gemors is, moet met sand of onaktiewe klei geabsorbeer word. Hierna moet dit opgevee word in 'n veilige houer en op die korrekte wyse mee weggedoen word.
- Poeiers en korrels moet met 'n industrieel-sterkte stofsuier verwyder word, wat oor primêre en sekondêre filters beskik.
- Indien 'n borsel of 'n skopgraaf gebruik word, kan stof in die lug verminder word deur eers klam sand oor die storting te strooi. Hierna moet dit opgevee word in 'n houer, verseël word en op die korrekte manier mee weggedoen word.
- Die gekontamineerde vloeroppervlakte moet deeglik met water gewas word. Wees versigtig om nie die water te laat afloop nie, maar klad dit op met absorberende materiaal waarna dit op die korrekte manier mee weggedoen moet word.
Toerusting vir stortings
Toerusting vir stortings moet in 'n maklik toeganklike plek gehou word en duidelik gemerk word.
Toerusting moet insluit:
- voldoende hoeveelhede korrelrige klei of absorberende materiaal om as 'n versperring te gebruik en om storting te absorbeer
- besem, skopgraaf
- groot, swaardiens plastiese sakke vir die inperking van afval en vir verwydering
- rubberstewels en handskoene vir persoonlike beskerming
Waar pakhuise buite-afvoerslote het, moet proppe of sandgevulde plastiese sakke naby die afvoerslote gehou word om dit toe te stop in geval van nood.
Noodprosedures
'n Breedvoerige inventaris, produkveiligheidsdatablaaie en 'n plan, waarop die posisie van die produkte aangedui is, moet byderhand gehou word om te dien as verwysing in 'n noodgeval - daar behoort 'n afskrif buite die stoor, 'n afskrif in die kantoor en 'n afskrif op lêer by die plaaslike nooddiens te wees. Dit moet gereeld op datum gebring word (dit wil sê, weekliks).
Voorsiening moet gemaak word vir 'n opwasplek waar oë gewas kan word, waar personeel kan stort en waar klere en gereedskap geberg kan word indien dit gekontamineer word.
| Produk |
Gevaargroep |
Kleurmodus |
UN-nommer |
| Guardian EC |
II |
Geel |
2902 |
| Harnesss EC |
III |
Blou |
2902 |
| Lasso EC |
II |
Geel |
2903 |
| Lasso Micro Tech |
IV |
Groen |
2903 |
| Ratel SC |
II |
Geel |
2998 |
| RoundUp |
IV |
Groen |
3018 |
| Sting |
III |
Blou |
3018 |
| Groep |
LD50 vir die rot (mg/kg liggaamsmassa) |
|
| Soliede vorms wat mondelings ingeneem word* |
Vloeistowwe wat mondelings ingeneem word * |
Soliede vorms wat deur die vel opgeneem word * |
Vloeistowwe wat deur die vel opgeneem word * |
| Ia |
Uiters gevaarlik |
5 of minder |
20 of minder |
10 of minder |
40 of minder |
| Ib |
Hoogs gevaarlik |
5-50 |
20-200 |
10-100 |
40-400 |
| II |
Redelik gevaarlik |
50-500 |
200-2000 |
100-1000 |
400-4000 |
| III |
Effens gevaarlik |
Oor 500 |
Oor 2000 |
Oor 1000 |
Oor 4000 |
| IV |
Akute gevaar onwaarskynlik tydens gewone gebruik |
Oor 2000 |
Oor 3000 |
- |
- |
Noodbeplanning
- Stel 'n personeellid aan om verantwoordelik te wees vir noodoptrede - of 'n brandmeester en personeellid met 'n noodhulpkwalifikasie.
'n Doeltreffende brandnoodplan sal die oorhoofse moontlikheid vir omgewingsbesoedeling en menslike gevaar verlaag.
- Brandbestrydingstoerusting moet duidelik gemerk wees en maklik toeganklik wees.
- Die plan moet in samewerking met die plaaslike brandweer ingeoefen word om te verseker dat elke persoon presies weet hoe om in die geval van 'n brand op te tree.
- Die besoedelingsgevaar as gevolg van rook of dampe, sowel as die hantering van water vir brandbestryding, moet vooraf met die brandweer ooreengekom word.
- Omstanders en brandbestryders moet versigtig wees om nie windaf van die brand te wees nie.
- Aangesien daar omstandighede is wanneer dit beter sal wees om 'n vuur te laat brand as om dit te blus, moet voorsiening vir hierdie moontlikheid in die plan gemaak word en 'n ooreenkoms bereik word oor wie sodanige besluit sal neem.
- Dit is van die uiterste belang dat die water vir brandbestryding ingeperk en weggehou moet word van afvoerslote, riviere en waterlope. Na voltooiing van die opruimingswerksaamhede, moet die water op 'n veilige manier verwyder word.
- 'n Plan, waarop al die brandbestrydingstoerusting aangedui is, moet in die stoorbestuurder se kantoor gehou word en minstens nog een op 'n ander opvallende plek vir maklike verwysing.
- Alle personeel moet opleiding ontvang met betrekking tot al die brandbestrydingstoerusting; ontruimingsoefeninge en die brandoefening moet gereeld gedoen word.
Wanneer 'n brand ontdek word:
- maak alarm
- skakel die brandweer en stel die nooddienste in kennis (ambulans indien personeel beseer is, verkeersafdeling vir skare-beheer, ens)
- indien dit haalbaar is, blus die brand of keer dat dit versprei
- skakel die naaste gifinligtingsentrum indien daar enige twyfel bestaan oor die plaagdodergevare
- brandmeesters moet alle personeel uit die gebied verwyder en hulle by die samekomspunt laat aanmeld
- enigeen wat betrokke is by brandbestryding moet toepaslike veilgheidsklere en 'n geslote asemhalingtoestel dra
- personeel wat aan dampe of rook blootgestel is, moet onder observasie gehou word vir moontlike vergiftiging
- waar moontlik, bou 'n versperring met sandsakke om brandende vloeistowwe en afloopwater in te perk, keerwalle moet gebou word om enige afloop te verhoed
- stel die Monsanto-hoofkantoor in kennis
Brandbestrydingstoerusting
Draagbare brandblussers moet buite die gewone ingange geplaas word, asook in opvallende posisies binne-in die bergingsgebied. Hulle moet duidelik aangedui word.
Die tipe, nommer en grootte moet met die plaaslike brandweerowerhede en die versekeraars bespreek word, om te verseker dat die regte toerusting beskikbaar is vir die toepaslike chemikalieë wat gestoor word.
- Twee 10 - 12kg brandblussers (óf droog, CO² óf water) moet vir die eerste 50 vierkante meter vloeroppervlakte beskikbaar wees, met nog een vir elke ekstra 100 vierkante meter
- Vir pakhuise groter as 500 vierkante meter, word 'n ekstra, mobiele droë poeier brandblusser van tussen 50 - 100kg aanbeveel
- Brandblussers en -slange moet ten minste een keer 'n jaar nagegaan en gediens word en gedeeltelik gebruikte brandblussers moet dadelik mee weggedoen en vervang word
Plaaslike brandweerowerhede moet die plasing, ontwerp en spasiëring van die brandblussers inspekteer en 'n aanbeveling doen - indien moontlik moet toerusting wat maklik met die brandweer s'n kan inskakel, geïnstalleer word.
Indien groot hoeveelhede ontvlambare plaagdoders gestoor word, is dit wenslik om skuimkonsentraat in voorraad te hou. Spesiale opleiding moet aan pakhuispersoneel gegee word wat betref die gebruik van skuim-gebaseerde brandbestrydingstoerusting.
Sekere formulerings soos emulsifiseerbare konsentrate (Ecs) kan gesien word as ontvlambaar teenoor meeste oplossings, suspensie-konsentrate en korrels wat nie ontvlambaar is nie. Verpakking kan egter vlambaar wees.
Alkohol-bestande skuim, indien benodig vir water-mengbare oplosmiddels of emulsifiseerbare konsentrate.
Opruimingsoperasies
Tydens opruimingsoperasies moet seker gemaak word dat personeel teen kontaminasie beskerm word en omgewingsbesoedeling verhoed word.
- Die uitgebrande deel moet afgesper en gevaarwaarskuwingstekens moet aangebring word om mense uit te hou
- Om die verdere moontlike verspreiding van kontaminasie te verhoed, moet die gebied met seile toegemaak word
- Die pakhuisbestuur, Monsanto en die plaaslike owerhede moet op 'n opruimingsplan ooreenkom. Die openbare gesondheidsowerhede moet oor die plan ingelig word.
- Rook, drink en eet binne die gekontamineerde gebied moet verbied word
- Stewels en skoene moet gewas word nadat die gebied verlaat is, om te verhoed dat die kontaminasie versprei
- Alle gestorte plaagdoders moet met sand of klei geabsorbeer word, voor verwydering
- Dekontamineer alle toerusting wat tydens die opruiming gebruik is
- Die opruimingsproses moet noukeurig gekontroleer en gedokumenteer word
- Indien nodig, moet die omliggende gebied getoets word vir moontlike kontaminasie
- Plaaslike owerhede moet die finale stempel van goedkeuring verleen dat die opruiming finaal afgehandel is
|