Beskermende klere behoort die volgende in te sluit:
- 'n tweestuk-kledingstuk wat die arms en bene bedek en by die nek en gewrigte vasmaak
- chemiesbestande handskoene wat ten minste tot 75mm bokant die gewrigte kom
- PVC- of neoprene-stewels
- Stofbril of gesigskerms
- Gasmasker of 'n geslote asemhalingstoestel
Mense wat ly aan siekte-toestande of wat oop snye op hulle lyf het, moet nie met chemikalieë werk nie. Groot sorg moet gedra word wanneer houers afgegiet of hervul word, ten einde storting en kontaminasie te vermy. Moet nooit chemikalieë in ongemerkte houers afgiet nie en maak seker dat die identifikasie permanent en leesbaar is, met die handels- en algemene name op alle houers aangebring.
Werkers se blootstelling aan chemikalieë moet beperk word tot 'n maksimum van 10 ure per dag en hulle moet ten minste twee 30-minute verposings in hierdie tydperk kry.
Werkers moet nie vir langer as vyf agtereenvolgende dae op 'n slag met onkruidmiddels werk nie.
Bergingsgebiede moet oor goeie lugtoevoer beskik om die opbou van dampe te verhoed.
Storting
Indien 'n werker ernstig gekontamineer word deur storting, moet hy onmiddellik uit die gebied verwyder word, sy klere moet uitgetrek word en sy hele liggaam moet deeglik gewas word.
Oë en vel wat direk gekontamineer is, moet vir ten minste 15 minute deeglik gespoel word, en moet dopgehou word vir enige daaropvolgende reaksie op die kontak.
Materiaal veiligheidsdatablaaie of NOSA-vorms moet geraadpleeg word om die moontlike erns van die kontak te bepaal, asook watter voorgeskrewe optrede geneem moet word.
Die pasiënt moet vir ten minste 12 ure fyn dopgehou word en moet bykomende mediese aandag ontvang as enige simptome voorkom of volhard.
Mediese nooddienspersoneel behoort ingelig te word oor die tipe plaagdoder. Die etikette en veiligheidsdata moet beskikbaar gestel word sodat doeltreffende behandeling kan plaasvind.
Kom die reëls na ten opsigte van storting, soos uiteengesit onder "Berging"
Algemene hygiene
- Noodhulptoerusting moet beskikbaar wees vir kleiner ongelukke en moet ook duidelik gemerk wees.
- Wasbakke en storte moet op die perseel voorsien word.
- Personeel moet nie handdoeke, seep of water uitruil wanneer hulle was nie.
- Beskermende klere moet deeglik skoongemaak word elke keer nadat dit gebruik is.
- Gekontamineerde klere moet mee weggedoen word deur dit op te sny en te verbrand.
- Rook, drink en eet moet verbied word terwyl daar met plaagdoders gewerk word.
Noodprosedures
Volg die noodprosedures soos uiteengesit onder "Berging".
|