|
BENUT DIE GENETIESE VOORDEEL VAN MONSANTO SE DKC80-12B
September, 2007 - Omgewingstoestande in Suid-Afrika verskil drasties van jaar tot jaar.
Hoeveel keer gebeur dit dat ʼn kultivar een jaar uitstekend presteer en net die volgende jaar doen dit weer baie swak.
DKC80-12B is een van daardie geelmieliekultivars wat uitstekend presteer in al die produksiegebiede in Suid-Afrika,
besproeiing sowel as in droëland toestande.
Volgens kultivarproewe van die Landbounavorsingsraad(LNR), het DKC 80-12B oor twee jaar uitstekend in al die
streke presteer. Om voldoende betroubare inligting te verskaf, is van die koöperatiewe gebiede saamgevoeg en by ander was
voldoende proewe vir betroubare analises. Die posisie van DKC80-12B word uitgewys, die res is slegs ter wille van vergelyking.
Ultrakort kultivars word in aparte proewe geëvalueer.
MIG 2005(Kultivars waarvan inligting vir een seisoen beskikbaar is)
MIG 2006(Kultivars waarvan inligting vir twee seisoene beskikbaar is)
MIG 2007(Kultivars waarvan inligting vir drie seisoene beskikbaar is)
Geelmielie droëland proewe in Noord Transvaalse Koöperasie Beperk, NWK Beperk en Suidwes Landbou (Edms.)
Beperk se bedieningsgebiede
|
1 ste (T/ha) |
2 de plek |
3 de plek |
laaste plek |
MIG 2005 |
5.65 DKC80-12B |
5.22 |
5.21 |
4.15 |
MIG 2006 |
4.61 |
4.59 |
4.57 DKC80-12B |
4.15 |
MIG 2007 |
5.38 DKC80-12B |
5.00 |
4.88 |
4.39 |
Geelmielie droëland proewe in Senwes Beperk se bedieningsgebied
|
1 ste (T/ha) |
2 de plek |
3 de plek |
laaste plek |
MIG 2005 |
5.68 DKC80-12B |
4.42 |
4.34 |
3.36 |
MIG 2006 |
6.16 |
5.96 DKC80-12B |
5.69 |
4.95 |
MIG 2007 |
5.77 DKC80-12B |
5.40 |
5.36 |
4.00 |
Geelmielie droëland proewe in Afgri (Mpumalanga) se bedieningsgebied
|
1 ste (T/ha) |
2 de plek |
3 de plek |
laaste plek |
MIG 2005 |
8.73 DKC80-12B |
7.86 |
7.54 |
5.80 |
MIG 2006 |
9.01 DKC80-12B |
8.25 |
7.77 |
7.37 |
MIG 2007 |
9.23 DKC80-12B |
9.07 |
8.46 |
7.90 |
Geelmielie droëland proewe in Vrystaat Koöperasie Beperk, OTK Beperk-Vrystaat (2005 MIG) en Afgri-Vrystaat(2006/7 MIG) se bedieningsgebied
|
1 ste (T/ha) |
2 de plek |
3 de plek |
laaste plek |
MIG 2005 |
8.23 DKC80-12B |
7.66 |
6.96 |
6.11 |
MIG 2006 |
9.40 DKC80-12B |
8.00 |
7.35 |
6.43 |
MIG 2007 |
8.32 DKC80-12B |
4.13 |
7.78 |
7.02 |
Geelmielie droëland proewe in Natal Agri(2005 MIG) en Afgri-Kwazulu Natal(2006/7 MIG) se bedieningsgebied
|
1 ste (T/ha) |
2 de plek |
3 de plek |
laaste plek |
MIG 2005 |
10.08 DKC80-12B |
8.90 |
8.83 |
7.48 |
MIG 2006 |
9.91 DKC80-12B |
9.38 |
9.20 |
8.40 |
MIG 2007 |
9.31 DKC80-12B |
9.03 |
8.91 |
7.79 |
Geelmielie besproeiings proewe
|
1 ste (T/ha) |
2 de plek |
3 de plek |
laaste plek |
MIG 2005 |
12.05 |
11.8 |
11.21 DKC80-12B |
8.05 |
MIG 2006 |
12.15 DKC80-12B |
11.84 |
11.48 |
7.79 |
MIG 2007 |
11.49 |
11.48 DKC80-12B |
10.86 |
9.12 |
Volgens die LNR-proewe presteer DKC 80-12B van oos tot wes uitstekend in droëland toestande en onder besproeiing, wat bewys dat die kultivar wyd aanpasbaar is.
DKC 80-12B bevat die YieldGard-geen wat beteken dat die kultivar weerstand(>95%) het teen mieliestronkboorders. DKC 80-12B het ʼn baie hoë opbrengspotensiaal soos duidelik sigbaar is uit bostaande tabelle. Die kultivar is sterk meerkoppig en beskik oor goeie siekteverdraagsaamheid. DKC 80-12B word ook met groot sukses aangeplant vir die maak van hoë kwaliteit kuilvoer.
Die wye aanpassing wat die genetika van DKC80-12B bied, maak dit die ideale kultivar om jaar na jaar te plant. Vir meer inligting rondom stand-, siekte- en gebieds-aanbevelings kontak gerus u naaste Monsanto- verteenwoordiger, saadhandelaar of tegnologiekonsultant.
paul.groenewald@monsanto.com .
Bronne
LNR Mielie-inligtingsgids 2005
LNR Mielie-inligtingsgids 2006
LNR Mielie-inligtingsgids 2007
|