|
Monsanto ernstig oor produkrentmeesterskap.
Sedert die eerste Bt-gewasse is in 1998 in Suid-Afrika vrygestel is, het die aantal hektare onder bt-gewasse stelselmatig toegeneem en het die Suid-Afrikaanse boer die resultate en voordele van die tegnologie, en uitstekende insekbeheer eerstehands beleef. Die laaste agt jaar se verkope weerspieel verder die boere se tevredenheid met die produk. Boere het toenemend die bt-produk bo konvensionele produkte gekies. Sowat 35% van alle mielies wat in die land verbou word, is Bt-mielies.
Onlangs is die stapelgeen ook goedgekeur en kan boere nou twee eienskappe in een produk kry - uitstekende insek - en onkruidbeheer en kan hulle, hulle totale bestuurstelsel vergemaklik.
Die waarde van Yieldgard (bt-geen) mielies le daarin dat dit die vermoe het om stronkboorders te beheer. Bt-mielies beheer tot soveel as 95% van die stronkboorder, Busseola fusca. Sommige van die larwes toon egter 'n natuurlike toleransie teen die Bt - toksiene. Gevolglik mag mielies wat onder besproeiing verbou word, veral die onder spilpunte, wat blootgestel is aan 'n baie hoe investasie larwes, skade toon. Dit is juis waarom Monsanto in die tegnologie-ooreenkoms en die produkgids die belangrikheid van insektellings (scouting) beklemtoon.
Alle kliente onderneem reeds in terme van die tegnologie-ooreenkoms wat hulle teken by aankoop van die produk, om 'n toevlugsgebied te plant. Daar is twee opsies wat hulle kan volg - Daar is twee opsies wat hulle kan volg - of 'n 5% aanplanting van nie-Bt mielies waar stronkboorders nie chemies beheer mag word nie, of 'n 20% aanplanting van nie-Bt mielies waar chemiese stronkboorderbeheer wel toegepas mag word."Wanneer die 5% opsie uitgeoeffen word, moet daar dus vir elke 100ha mielies 5ha nie-Bt mielies en 95ha Bt mielies geplant word. Wanneer die 20% opsie uitgeoeffen word, moet daar dus vir elke 100ha mielies 20ha nie-Bt mielies en 80ha Bt mielies geplant word. Toevlugareas moet verder so geposisioneer word dat geen Bt mielies verder as 400m vanaf 'n toevlugarea is nie. Skakel gerus met u verkoopsman of Monsanto hoofkantoor om meer omtrent die verskillende opsies vir die plasing van toevlugareas uit te vind.". Boere word ook geadviseer om die persentasie plante waarop stonkboorder vreetskade voorkom, vroegtydig te monitor. Indien meer as 10% van die Bt plante stronkboorder vreetskade toon, word aanbeveel dat boere 'n geskikte insekdoder spuit om die larwes te beheer."
Monsanto het ook die afgelope 5 jaar saam verskeie onafhanklike moniteringsstudies onderneem om seker te maak dat alle boere in Suid-Afrika wat nou die tegnolgie gebruik, dit steeds in die toekoms sal kan doen.
As deel van Monsanto se produkrentmeesteskapbeleid, sal Monsanto en die ander maatskappye wat toegang het tot Monsanto se tegnologie soos Pannar, Pioneer, Link Seed en AfgriSaad, in die toekoms steeds nou saamwerk om toe te sien dat die vereistes soos voorgeskryf in die tegnologie-ooreenkoms, getrou nagekom word. Die plant van toevlugsgebiede deur boere watvan die tenologie gebruik maak, bly steeds van kardinale belang in die beskerming van die tegnologie.
|