Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Monsanto se Roundup Ready ® tegnologie veroorsaakoomwenteling in mielieverbouing.

Boere is altyd op die uitkyk na perfekte onkruidbeheer, maar wil terseltertyd sy opsies oophou vir opvolggewasse. Monsanto se Roundup Ready ® tegnologie bied die ideale oplossing. Wisselbou en rotasiestelsels kan nou vir optimale winste beplan word, sonder dat die oordragingseffek van onkruiddoders 'n boer pooitjie.

Almal kan voordeel hieruit trek - besproeiings- en droëlandboere. Die kopseer van effektiewe onkruidbeheer, sonder beperkings op opvolggewasse, word dus heeltemal uitgeskakel. Roundup Ready mielies en vanjaar vir die eerste keer die stapelgeen produkte, kan aangeplant word en met Roundup ReadyPlusonkruiddoder gespuit word. Slegs Roundup Ready onkruiddoder deur Monsanto, is tans geregistreer vir gebruik en dra die Monsanto rugsteun en waarborg. Slegs mieliekultivars wat oor die Roundup Ready tegnologie beskik, kan met die breëspektrum, geen grondoordraging (nie-residuele) onkruiddoder, Roundup Ready Plus gespuit word.

Benewens geen oordragingseffek na opvolggewasse hou dit onder andere die volgende voordele in: Roundup Ready onkruiddoder word eers na opkoms van die gewas gespuit, as die gewas vestiging misluk kan die onkruiddoder nog gespaar word. Dit kan ook geen gewasskade, veral onder koue en nat toestande, aan die ontkiemende saailing aanrig nie. Die tyd van toediening is ook nie so krities soos in die geval van vooropkoms onkruiddoders nie. Indien 'n asetanilied by die tweede bespuiting gevoeg word, gee dit ongeëwenaarde en verlengde onkruidbeheer. Die produkte is ook uiters geskik om by enige minimum of geen-bewerkingstelsel in te skakel.

Die nadelige effek van onkruidkompetisie is alombekend. Lande wat voorheen besmet was met moeilik beheerbare onkruide kan nou weer met vrug ingespan word vir winsgewende verbouiing. Belangrik om te onthou is dat die onkruide aktief moet groei en nie te groot moet wees met bespuiting nie. Roundup Ready onkruiddoder het ook spesifieke toedienings metodes om die beste resultate te verseker. Die etiketaanwysings moet noukeuring gevolg word.

Die bestuursgemak en vele opsies van hierdie nuwe stelsel gee saam met Monsanto se uitstekende en beproefde kultivars, 'n nuwe dimensie aan besproeiingsboerdery, deurdat top kultivars met die nuutste tegnologie ingespan word om oplossings vir die huidige moeilike landbou toestande te help bied.

Onkruid en droogte is enige mielieboer se grootste vyand. As daar meegeding word, wen die onkruid altyd. Onkruid is sterker in droogte en benut die beskikbare kunsmis en vog beter as die mielieplant, daarom glo Monsanto dat die Roundupo Ready mielies se potensiaal geweldig is.

Die Roundup Ready stelsel is 'n geintegreerde produk wat uit drie komponente bestaan. Wanneer dit saam gebruik word, kan dit uitstekende onkruidbeheer gee. Die komponente is:

  • Roundup Ready mielie-tegnologie
  • Uitstekende kiemplasma in die beste basters uit Monsanto se DEKALB-stal
    • DKC 78-45BR - wit baster wat die Yieldgard en Roundup Ready tegnolgie bevat
    • DKC 80-40BR - 'n geel baster wat die Yieldgard en Roundup Ready tegnolgie bevat
    • DKC 78-35R - 'n wit mediumgroeier
    • DKC 63-28R - 'n geel ultra-kortgroeier
    • DKC 80-30R - 'n geel langgroeier
  • Uitstekende nie-selektiewe en selektiewe onkruiddoders.

Roundup Ready onkruiddoder (L6702)
Guardian S (L4862)
Harness (L3029)
Lasso MT (L4728)