|
April 19, 2004 - Die bekendstelling van Roundup Ready mielies is 'n deurbraak vir die Suid-Afrikaanse boer. Roundup Ready (RR) mielies is die derde Roundup Ready produk wat gekommersialiseer word in die land. Die ander twee is RR sojas en RR katoen en die geen wat in die RR mielies gebruik word, is presies dieselfde as wat in die ander twee produkte voorkom.
Suid-Afrika is die eerste land buite die VSA waar RR mielies vrygestel is en die produk is in Junie 2003 deur die Suid-Afrikaanse Regering goedgekeur vir vrystelling.
Die Roundup Ready-mielie verbouingsisteem maak dit moontlik dat Roundup Ready onkruiddoder bo-oor die mielies na-opkoms toegedien kan word sonder dat die plant benadeel word. Verder lewer dit onoortreflike, breëspektrum onkruidbeheer, is eenvoudig en koste-effektief om te gebruik, bied 'n ongeëwenaarde buigsaamheid met 'n wye keuse van toedienings, het 'n bewese gewasveiligheidsrekord: en is versoenbaar met bewaringsbewerkingspraktyke en ander Roundup Ready-gewasse
|
 |
| Gedurende die afgelope plantseisoen is demonstrasieproewe van Roundup Ready mielies oral in die mielieproduserende gebiede van die land geplant. Op die foto is die kontrole gedeelte voor en in die agtergrond is die mielies slegs twee keer met 2,5 l Roundup Ready gespuit, 10 dae uitmekaar. |
|