|
DEKALB Handelsmerk vir Somergewasse
October, 2004 - Monsanto pas voortdurend aan by uitdagings in die landboubedryf en poog om kompeterend te bly deur innoverende denke, sakpas strategië en produkte wat presteer, te ontwikkel.
 |
 |
Monsanto wys die nuwe DEKALB logo. DEKALB is die nuwe handelsmerk waaronder al Monsanto se somergraangewasse van Januarie 2005 verkoop sal word. Van links na regs is Kobus Lindeque, Area Direkteur Monsanto; Gert Heyns; Bemarkingsbestuurder: Saad en Produkbestuurder: Mielies; en Magda du Toit, Kommunikasiebestuurder en Produkbestuurder: Oliesade.
|
So het Monsanto daarin geslaag om die afgelope paar jaar te ontwikkel tot die voorloper as 'n geïntegreerde insetverskaffer. 'n Insetverskaffer wat aan die boer se deur kom klop met geïntergreerde oplossings vir onkruidbeheer, opbrengs en bestuur, en uitstekende produkte - 'n ware tegnologie maatskappy.
Van Monsanto se sukses kan toegeskryf word aan die prestasie van wen-produkte soos CRN 3505, DKC 78-15 B, SNK 2551 en DKC 80 -10 in die Carnia en Sensako handelsmerke.
Monsanto het egter na deeglike oorleg besluit om die twee handelsmerke te konsolideer en voortaan al sy somergraanprodukte onder een handelsmerk te verkoop.
Wêreldwyd gebruik Monsanto die DEKALB handelsmerk vir sy produkte. In die komende jaar (2005) gaan Monsanto ook in Suid-Afrika oorskakel na die DEKALB handelsmerk vir alle somergraanprodukte - mielies, sojabone en sonneblom.
Dié uitstekende produkte wat beskikbaar was in die Carnia en Sensako handelsmerke sal dus in die toekoms beskikbaar wees in die DEKALB handelsmerk - steeds by die Monsanto-verteenwoordiger of kooperasie soos in die verlede. Wat koring betref, sal dit steeds in die Sensako handelsnaam aan die mark gebied word.
 |
 |
Kobus Lindeque, Area Direkteur, Monsanto, met die nuwe DEKALB logo. Boer vooruit met DEKALB
|
DEKALB gaan die boer steeds die beste bied wanneer dit by saadkeuses kom. Innoverende denke, persoonlike diens, kundigheid en navorsing is tot die boer se beskikking.
Navrae:
Magda du Toit
Kommunikasiebestuurder & Oliesade Produkbestuurder
Monsanto
Tel +27 11 790 8254
Faks +27 11 790 8362
Sell +27 82 388 0187
magda.du.toit@monsanto.com
www.monsanto.co.za
|