|
Uitstekende Nuus Is Dat Monsanto
Desember, 2003 - Uitstekende nuus is dat Monsanto die eerste vier plekke bekleë in die LNR se nuutste proefresultate vir die 2002/2003 seisoen vir beide die oostelike en westelike produksiegebiede.
In die oostelike produksiegebiede is DKC 80 - 10 eerste met 7, 02 t/ha, dan is dit DKC 63 - 20 met 6,51 t/ha gevolg deur CRN 3604 met 6,47 t/ha en vierde is die wit baster CRN 3549 met 6,47 t/ha.
In die westelike produksiegebiede het SNK 2551 met die louere weggestap met 'n opbrengs van 3,83 t/ha. CRN 3549 was tweede met 3,81 t/ha gevolg deur CRN 3604 met 3,80 t/ha en DKC 80 - 10 met 3,77 t/ha.
Wat die drie-jaar proefresultate betref, vertoon Monsanto net so goed. In die oostelike produksiegebiede het Monsanto die eerste drie plekke behaal met die bekende Carnia-kultivars CRN 3549, CRN 3505 en CRN 3604 en in die westelike produksiegebiede die eerste twee plekke met CRN 3505 en CRN 3549.
|