|
Latitude
December 19, 2003
Inleiding
Monsanto is verbind tot voortgesette dialoog en deursigtigheid, respek vir mense wêreldwyd, en vir die deel van kennis en voordele met alle belangstellende partye. Met dit in gedagte, word u welkom geheet by die eerste Latitude-nuusbrief. Hierin sal ons inligting wat met Latitude verband hou, met u deel en u op hoogte hou van vordering regdeur die verkoopseisoen. Ingesluit in hierdie eerste uitgawe is 'n kort oorsig van Latitude en Vrotpootjie, die vatbaarheid van ons Suid-Afrikaanse markte ten opsigte van die siektekiem en 'n kort oorsig van Monsanto se deurlopende inisiatiewe om 'n wedersyds-voordelige verhouding tussen boere, saadbehandelingseenhede en Monsanto op te bou en te handhaaf.
Vrotpootjie
Vrotpootjie, wat deur die fungus Gaeumannomyces graminis veroorsaak word, is die grondgedraagde siekte wat die meeste skade onder graangewasse wêreldwyd aanrig en is een van die sleutelredes waarom daaropvolgende oeste 'n laer opbrengs toon as die eerste graanoeste. Tydens ontkieming, as saailinge van 'n nuutgeplante graangewas in aanraking kom met die vrotpootjie-swam, kom kolonisasie van die wortels voor. Wortelbesmettings lei tot beperkings in die minerale- en wateropnames, en gevolglik 'n verlies in oes-opbrengs en -gehalte. Na beraming kan volle beheer van die siekte opbrengste met 10 tot 50% in aangetaste oeste verhoog. Meer as 140 jaar nadat dit vir die eerste keer herken is, is vrotpootjie steeds 'n groot bekommernis vir graanverbouers as gevolg van die wydverspreide voorkoms daarvan en die afwesigheid van 'n verskeidenheid van weerstands- en chemiese beheermaatreëls.
Latitude is die eerste van die nuwe generasie-swamdoders wat spesifiek ontwerp is vir vrotpootjie-beheer en kan sowel die erns van wortelvrot as die voorkoms van witkoppe verminder, wat op sy beurt kan lei tot 'n toename in opbrengs en graangehalte. Latitude toon uitstekende gewasveiligheid en aanpasbaarheid by ander saadbehandelings. Dit moet saam met standaard saadbehandelings vir die beheer van saadgedraagde siektes gebruik word.
Vatbaarheid vir vrotpootjie
Wes-Kaapse mark
Koring monokultuur word wydverspreid in die Kaap beoefen saam met ander wisselbou-opsies, gewoonlik graangewasse, weiding of braakland. Hierdie is oor die algemeen almal vatbaar vir vrotpootjie of is verhoogde produksie-gewasse vir die vrotpootjie-siektekiem. Die voorkoms en risiko van vrotpootjie is derhalwe beduidend.
Besproeiingsmark
Die dubbele aanplanting van mielies en koring is die mees winsgewende kombinasie onder toestande waar boere in staat is om eerste die koringgewasse te oes. Hierdie toestande is, egter, dikwels juis geskik vir die oorlewing van die vrotpootjie-siektekiem. Dit sluit in die voorkoms van 'n klam omgewing, alkaliese sanderige grond, hoë temperature (warm en droë toestande tydens die vulstadium vererger ook die skade), en wisselboupraktyke (koring is vatbaar vir vrotpootjie en mielies is 'n verhoogde produksie-gewas).
Resultate van Latitude-versoenbaarheid met ander saadbehandelings wat by die Monsantolaboratoriums in die VK uitgevoer is
- Latitude is volledig versoenbaar met Vitavax en word nie deur die toevoeging van insekdoders beïnvloed nie.
- Latitude is versoenbaar met Raxil, al blyk dit nie of Raxil enige flokkulasie veroorsaak nie. Dit word vererger deur die byvoeging van insekdoders, veral Merkaptotion.
- Daar is bevind dat Latitude plus Raxil normaal en in 'n aanvaarbaar mate versprei, gesien teen saad wat voorheen met Merkatotion behandel is.
- Mengselversoenbaarheid word klaarblyklik nie deur die hardheid van die water, katioon-inhoud of pH beïnvloed nie.
Instandhouding van die verhouding tussen Monsanto, saadbehandelingseenhede en boere
Gehaltebeheer
Saad wat met Latitude behandel is, moet die aanbevole doseringsvlak van die aktiewe bestanddeel kry. Ten einde gehalte uitnemendheid te verseker, het Monsanto onderneem om elke bondel saad wat met Latitude behandel is, te toets vir 'n drempelvlak van Silthiofam.
Tot op datum, het Monsanto meer as 40 saadmonsters ontvang en behandel. Hierdie monsters is almal getoets en die resultate binne vyf dae nadat die monsters deur Monsanto ontvang is, teruggestuur aan diegene wat die behandeling gekommunikeer het.
Proefneming
Meer as 'n duisend proewe wat deur Monsanto en onafhanklike organisasies in Europa en Suid-Afrika uitgevoer is, toon die onweerlegbare voordele verbonde aan die gebruik van Latitude, naamlik:
- 'n gesonder wortel- en plantstelsel
- 'n afname van tot 60% in swart en vrot wortels
- 'n afname van tot 40% in witare
- opbrengs- en gehalte herstel (vergeleke met onbehandelde kontroles).
Latitude-proefresultate in die Wes-Kaap dui op 'n opbrengsvoordeel van >10% sedert die aanvang van proewe in 2000. Voor 2002 is soortgelyke resultate verkry van die besproeiingsgebiede. In 2002, egter, is gemengde resultate verkry in die besproeiingsgebiede, met sommige proewe wat groter opbrengste gebied het, sommiges wat gehalte toenames gegee het, en sommiges wat 'n verhoging in beide opbrengs en gehalte gelewer het, terwyl ander niks gebied het nie. Die jaar 2002 was egter gekenmerk deur die meeste koringsiektes in die laaste 20 jaar, met vrotpootjie as slegs een van 'n aantal siektes wat dieselfde simptome toon.
Marknavorsing
Marknavorsing wat deur Monsanto onderneem is, in beide die Kaap en besproeiingsmarkte, het die volgende inligting opgelewer:
Vrotpootjie-bewustheid en -erns
- koringboere is ten volle bewus van vrotpootjie
- dit blyk dat die meeste koringboere vrotpootjie-besmetting in verskeie grade ondervind. Die waargenome verlies aan opbrengs wat met vrotpootjie verbind word, wissel van gemiddeld 'n halwe ton in die Wes-Kaap tot amper twee ton in die besproeiingsgebiede.
Aanvraag
- Boere in die Wes-Kaap toon 'n hoë aanvraag vir Latitude
- Twee duidelik verskillende groepe boere in besproeiingsgebiede.
- Latitude het aan boere se verwagtinge voldoen in 2002.
Boere sal voortgaan om Latitude te gebruik
Boere beskou Latitude as 'n gehalteproduk en waarde vir geld.
- Latitude het nie aan boere se verwagtinge voldoen in 2002 nie.
Boere sal die gebruik van Latitude staak
Hierdie boere beskou hulself as vatbaar vir vrotpootjie
- Toon gemengde resultate en stem ooreen met 2002 proefdata.
Terughousaad
- Die Wes-Kaapse mark toon 'n groot behoefte en voorneme om Latitude op terughousaad te gebruik.
- Kaapse boere sal terughousaad by gesertifiseerde saadbehandelingsterreine laat behandel en is bereid om 'n patenthouersaandeel ten opsigte van die behandeling van hul terughousaad te betaal.
- Data vanuit die besproeiingsgebiede toon 'n voorkeur vir gesertifiseerde saad. Dit stem ooreen met 'n laer gebruik van terughousaad vergeleke met die Wes-Kaap.
Persepsievlakke
- Die Wes-Kaap beskou Latitude as 'n gehalteproduk. Huidige Latitude-gebruikers beskou die voordele as groter, vergeleke met nie-gebruikers. Sodra boere Latitude gebruik het, beleef hulle die voordele eerstehands.
- Die persepsievlakke van Latitude in die besproeiingsgebiede het aansienlik verskil tussen boere wat Latitude in 2003 sal gebruik (55%) en diegene wat dit nie sal gebruik nie. Die persepsies van boere wat Latitude gebruik, is dat dit 'n gehalteproduk is.
Onlangse artikels wat betrekking het op Latitude
Landbou Weekblad: Artikel gepubliseer deur die Kleingraan Instituut oor die verskillende siektes wat witare veroorsaak
Landbou Weekblad: 13 Desember 2003 - "Middel teen vrotpootjie toon potensiaal" deur Johan Fouché.
Koring Fokus: Februarie 2003 - Latitude pamflet en advertensie "Die sleutel tot koringverbouing"
Landbou Weekblad: 21 Februarie 2003 - "Marknavorsing en proefresultate steun die gebruik van Latitude vir vrotpootjie beheer".
|