Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


26 Augustus 2011

Nuwe Bestuurder  vir Monsanto Suid-Afrika Monsanto Afrika integreer sy totale besigheid


Kobus Steenekamp

 Kobus Steenekamp is aangestel as die nuwe Besigheidsbetuurder vir Monsanto Suid-Afrika.  Die aanstelling geld vanaf 1 September 2011.

In hierdie pos sal Kobus verantwoordelik wees vir alle verkoops-, bemarkings- en produkbestuursaktiwiteite vir saad en gewasbeskerming in Suid-Afrika.
 
Kobus het in 2001 by Monsanto aangesluit en was tot nou aan die hoof van Gewasbeskerming vir Monsanto Afrika.  Kobus sal in sy nuwe rol aan Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto Afrika rapporteer.


Kobus Lindeque

“Om ons drie-ledige verbintenis tot volhoubare landbou, (wat insluit om opbrengste te verhoog, om ons natuurlike hulpbronne te beskerm en om waarde toe te voeg tot alle produsente se boerderye), het ons ook besluit om Monsanto se groentesaad besigheid verder te integreer in  ons rygewas- en gewasbeskermingsbesighede.  Ons glo dat ons op hierdie manier die behoeftes van ons produsente en kliënte nog beter sal kan aanspreek”, sê Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto Afrika.


Kobus Burger

Kobus Burger sal voortgaan in sy rol as Kommersiële Bestuurder Afrika vir Monsanto se Groentebesigheid en sal ook aan Kobus Lindeque rapporteer.  Kobus Burger het in 1998 by Monsanto aangesluit en het in sy loopbaan by die maatskappy verskeie rolle in Afrika, Asië en Europa vervul.