Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


16 November 2010

Mielieboere in Suid-Afrika is nou n stap nader daaraan om verbeterde, nuwe generasie tegnologiee op hul plase in te span en aan die groeiende vraag na kos in die wereld, te voldoen.

Monsanto het pas goedkeuring verkry in terme van die GMO Wet, Wet No 15 van 1997, dat die nuwe MON89034-geen (YieldGard II) en die MON89034 x NK603 -stapelgeen kommersieel in Suid-Afrika aangeplant kan word. 

“Hierdie goedkeuring is goeie nuus vir ons kliente.  Dit ondersteun ons onderneming om die beste tegnologie aan ons kliente beskikbaar te stel en bevestig ook Monsanto se rol as leier op die gebied van landbou-biotegnologie.  Ons is dankbaar dat ons die twee nuwe geen-eienskappe kon registreer en dat ons nou goedkeuring verkry het om dit aan ons kliente beskikbaar te stel,” se Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto Afrika.

Die eienskappe ter sprake is verbeterde insekbeskerming en dan ook die stapel-geen weergawe wat beide insekbeskerming en onkruiddoderverdraagsaamheid bied. (MON 89034 en MON89034 x NK603). Die kombinasie van die twee gene in ‘n enkele plant bied uitstekende insek- en onkruidbeheer aan mielieprodusente terwyl dit ook die kanse verminder dat insekte weerstand opbou. Roundup Ready onkruidbeheerstelsel ondersteun verder volhoubare landbou omdat dit uiters goed inskakel in produksiepraktyke soos minimum bewerking wat gronderosie en kompaktering kan verminder, terwyl dit ook brandstof kan spaar en sodoende ook kan bydrae tot ‘n vermindering van die vrystelling van koolstofdioksied.

Die algemene vrystelling geld vir die totale gebied in Suid-Afrika waar mielies verbou word en is gerig daarop om produsente te help om kompeterend te bly in die globale landboumark.

Nota:  In die 2010 (huidige) plantseisoen sal saadproduksies gedoen word van basters wat die nuwe eienskappe bevat en die saad sal dan beskikbaar wees in die 2011-plantseisoen.