Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Geen Delta18RF (Roundup Ready Flex) in die mark beskikbaar vir komende seisoen

In die komende produksieseisoen sal daar geen  Delta18RF (Roundup Ready Flex) in die mark deur Monsanto DeltaPine beskikbaar gestel  word nie omdat die saad nie aan Monsanto se streng kwaliteitsvereistes voldoen nie. 

Volgens Maryke Stanton, Verkoopsbestuurder Katoen, het die aanhoudende reën in die begin van die jaar in die katoenproduksiegebiede die kwaliteit van die katoensaad nadelig beinvloed.

Delta18RF - een van die nuwe generasie Roundup Ready Flex variëteite van Deltapine, sou hoofsaaklik aangewend word om die 5% toevlugsareas te diens  wat verpligtend is wanneer die nuwe stapelgeenproduk geplant word.

Monsanto beveel aan dat produsente die ou bekende DeltaOpalRR gebruik vir die plant van die toevlugsareas wanneer stapelgeenkatoen aangeplant word.  Dit is egter belangrik dat produsente in ag moet neem dat die gedeelte geplant met DeltaOpal RR tussen die twee- en vier- wareblaar stadium algeheel bespuit kan word met glifosaat.

Die nuwe stapelgeenprodukte wat die nuwe geentegnologie bevat, Delta12BRF en DP210BRF, kan met Roundup Ready Plus bespuit word tot 2 weke voor oes.  Dit is dus belangrik dat produsente sal onthou dat DeltaOpal RR oor ‘n vensterperiode beskik wat beteken het dat die plant tussen die twee- en vier- wareblaar stadium algeheel bespuit kan word en dat daarna slegs gerigte bespuitings kan plaasvind.

Navrae in die verband kan gerig word aan:
Maryke Stanton:  082 386 4366
Jaco van Zyl:  083 289 0212
Fanie Friis:   083 449 8638