Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Nuusverklaring deur Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto Afrika

Monsanto herorganiseer ter ondersteuning van volhoubare landbou in Afrika

Volhoubaarheid bly een van Monsanto se sleutel fokusareas die komende plantseisoen. Monsanto het hom wêreldwyd verbind om:

  • beter saad te ontwikkel om produsente in staat te stel om die opbrengste van mielies, katoen en soja te verdubbel teen 2030, vergeleke met opbrengste van die jaar 2000;
  • om produsente te help om die gebruik van sleutel hulpbronne met een derde te verminder teen die jaar 2030; en
  •  om wêreldwyd produsente se lewens te verbeter.

“Ons het ‘n paar veranderinge in ons besigheidsorganisasie aangebring om ons in staat te stel om die uitdagings wat aan landbou gestel word, beter aan te spreek..  Maar ons bly verbind tot innovasie, tot  besigheid met integriteit en tot die lewering van goeie produkte.  Ons is hier om ‘n diens te lewer aan ons kliënte en om  produkte beskikbaar te stel wat meer lewer per hektaar terwyl dit minder van die beskikbare hulpbronne gebruik.,“ aldus Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto Afrika.

Om te verseker dat ons goed geposisioneer is om aan die verbintenis te voldoen ten opsigte van ons gewasbeskerming-, asook ons saad en tegnologie afdeling, het ons die volgende skuiwe binne ons organisasie aangebring: 

Kobus Steenekamp is aangestel as Kommersiele Bestuurder vir die Afdeling: Gewasbeskerming vir Afrika.

Die volgende persone sal aan hom rapporteer::

  • Thom Steyn
  • Sydney Visser
  • Hannes Schoeman
  • Sandra Alai  - Kenia
  • Cecile Bester: Bemarkingskoordineerder

Kobus Burger is aangestel as Kommersiele Bestuurder Afrika - Monsanto Groentesaad.

Wat die Saad en Tegnologie-afdeling betref, lyk die bestuur so:

  • Bennie Bester: Kommersiële Bestuurder Suid-Afrika
  • Gert Heyns: Saad Bemarkingsbestuurder Afrika

Die Saad en Tegnologie Verkope in in vyf Verkoopstreke ingedeel en die Verkoopspan wat onder  Bennie Bester: Kommersiële Bestuurder resorteer, lyk soos volg:

  • Pieter Basson
  • Bright Breytenbach
  • Corrie van Greune
  • Hendrik van Staden
  • Charles Krugel

Wat Oos- en Sentraal Afrika betref, Paul Chimimba die Kommersiele bestuurder wees vir Malawi en Abraham Mbugi vir Kenia, Uganda & Tanzanië.

Wat ander funksies betref – lyk die organisasie soos volg:

  • Andrew Bennett: Bestuurder: Tegnologie-ontwikkeling vir Afrika
  • Willie Wessels: Regulatoriese Bestuurder vir Sub Sahara Afrika.
  • Arthur Schroder: Bestuurder: Mielie-navorsing en -teling vir Afrika.           
  • Mourad Abdennadher: Bestuurder WEMA.
  • Jaques Magson:  Bestuurder Eienskapintegrasie

Einde

Navrae kan gerig word aan:

Magda du Toit
Korporatiewe Kommunikasiebestuurder, Monsanto SS Afrika
Sel: +27 82 388 0187
Tel: +27 11 790 8254
Kantoor faks: +27 11 790 8362
Persoonlike faks: +27 11 790 8431