Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Monsanto gee Maxxum 140 CAB (104 kW) trekker weg tydens glansgeleentheid

March, 2009 -Die 50 finaliste van die DEKALB-trekkerkompetisie en ander gaste uit die landboubedryf het Vrydagaand, 13 Maart 2009 by Kievits Kroon net buite Pretoria bymekaar gekom vir die glansgeleentheid waar die wenners van drie trekkers aangewys is.

Dié trekkerkompetisie het gesterk vanaf 1 Januarie 2008 tot 31 Desember 2008 en die kliënte wat gekwalifiseer het, het die kans gestaan om een van drie trekkers te wen. Die trekkers wat gewen kon word, was die CASE-IH Maxxum 110 CAB (82 kW), die
Maxxum 125 CAB (93 kW) of die Maxxum 140 CAB (104 kW).

Die trekking is geouditeur deur die ouditeursfirma, Deloite en Touche.

Die wenners was:
CASE-IH Maxxum 110 CAB (82 kW)  mnr Danie Strydom van die plaas Welgevonden by Barberspan, distrik Delareyville,
die Maxxum 125 CAB (93 kW) mnr Riaan Taljaardvan Klipdal-boerdery by Grootpan, tussen Lichtenburg en Koster en,
die Maxxum 140 CAB (104 kW) dr Piet van Wyk van die plaas Bloemskraal naby Ventersburg.

Mnr Chris Rossouw, voormalige Springbok-rugbyspeler en ook ‘n promimente boer het die trekking saam met mnr Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto hanteer.  Daar was meer as 9 000 inskrywings wat gekwalifiseer het vir die eerste trekking waaruit die 50 finaliste gekies is.

image1

Van links mnr Danie Strydom van die plaas Welgevonden by Barberspan, distrik Delareyville, mnr Riaan Taljaardvan Klipdal-boerdery by Grootpan, tussen Lichtenburg en Koster en dr Piet van Wyk van die plaas Bloemskraal naby Ventersburg wat die grootste trekker gewen het. Regs is mnr Chris Rossouw, voormalige Springbok-rugbyspeler en ook ‘n promimente boer wat die trekking hanteer het.


image2
Mnr  Chris Rossouw, voormalige Springbok-rugbyspeler en promimente boer, saam met Mnr Kobus Lindeque, Besturende Direkteur Monsanto Afrika besig om die die gelukkige wenners van drie Case trekkers se name te trek.


image3
Die wenner - dr Piet van Wyk van die plaas Bloemskraal naby Ventersburg.