Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Direkteur van Monsanto aangewys as Landboukundige van die Jaar

November, 2005 - Kobus Lindeque, Afrika-direkteur van Monsanto is onlangs vereer vir sy bydrae tot die bevordering van biotegnologie, en is as Nasionale Landboukundige van die Jaar van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika aangewys.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika het nege kommersiële boere en nege kundiges in die landbou op gelyke voet met mekaar meegeding om die gesogte toekennings van Nasionale Boer en Landboukundige van die Jaar van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika.

Die Vereniging se toekenningsgeleentheid is vanjaar geborg deur Old Mutual en Mutual & Federal Agri en is Vrydagaand, 4 November, in Pretoria aangebied.

’n Nasionale Boer van die Jaar en Landboukundige van die Jaar word reeds die afgelope 28 jaar deur die Landbouskrywersvereniging aangewys en is ’n jaarlikse hoogtepunt op die landboukalender. In die verlede is kandidate slegs in die vier streke van die vereniging aangewys maar vanjaar is een uit elk van die provinsies verkies.

Die provinsiale Landboukundiges van die Jaar wat vereer is vir hulle bydrae tot die landbousektor is: Kobus Lindeque, Afrika-direkteur van Monsanto vir sy bydrae tot die bevordering van biotegnologie, vir Gauteng, wat met die louere as Nasionle wenner weggestap het Dr. Theo de Jager, boer, vir sy rol om die Nasionale Agri Grondforum te vestig, vir Limpopo, Cois Harman van Eerste Nasionale Bank, voorheen van Graan SA, vir sy bydrae tot die ontwikkelende graanbedryf, vir Noordwes, Dr. Mart Farina, vir navorsing oor grondvrugbaarheid, vir KwaZulu-Natal Willie Roeloffze van Potato Seed Production vir sy bydrae tot die kweek van virusvrye aartappelsaad, vir Mpumalanga Hendrik van Pletzen, tegniese bestuurder van Voermol en veekundige van Bloemfontein vir sy rol in die bedryf, vir die Vrystaat Prof. Barbara von Wechmar, vir haar volgehou begtrokkenheid van byna 50 jaar as ‘n voortreflike mikrobioloog en plantpatoloog, vir die Wes-Kaap Dup Haarhof, bestuurder van produsentedienste van GWK op Douglas en akkerboukundige kenner, vir Noord-Kaap Jan Hoon, landbounavorser by die diereproduksie-afdeling op Grootfontein Landboukollege vir sy bydrae tot dierevoeding, vir die Oos-Kaap

Casper Badenhorst, ’n pynappelboer van Hluhluwe, is aangewys as die Nasionale Boer van die Jaar.

Vanjaar se kandidate wat meegeding het om die Boer van die Jaar-toekenning was: Gauteng: Me Sabina Khoza, verlede jaar se Shoprite Checkers/SABC2 se Vrou van die Jaar in die kategorie Sake-entrepreneur en ’n pluimveeboer van Zuurbekom Mpumalanga: Willem Kruger, ’n druiwe- en katoenboer van die Loskopvallei Limpopo: Mike Bosch, ’n vee- en wildboer van Radium Noordwes: Deon Bothma, ’n vee- en graanboer van Mareetsane KwaZulu-Natal: Casper Badenhorst, pynappelboer van Hluhluwe wat ook aangewys is as die Nasionale Boer van die Jaar Oos-Kaap: John Stretton, ’n skaap- en beesboer uit die Molteno-distrik Noord-Kaap: Peu Bezuidenhout, ’n pionier-tafeldruifprodusent wat tussen Upington en Keimoes boer Wes-kaap: Nelius van Greunen, ’n melkboer uit die George-distrik Vrystaat: Llewellyn Angus, wat met Simmentaler- en Simbrabeeste en Merino- en Döhnemerinoskape by Arlington boer

Nog ’n mylpaal in die geskiedenis van die Vereniging is dat hulle vanjaar die eerste keer ook ’n opkomende boer van die jaar aangewys het. Die opkomende boer van die jaar, mev. Anna Bock, boer op haar eie plaas Caboob, net buite Pofadder.

Die Landbouskrywers se jaarlikse toekennings word steeds beskou as die voorste toekennings om boere en ander landboupersoonlikhede vir hulle bydrae tot die bedryf te vereer.

Kobus Lindeque Afrika-direkteur van Monsanto, ontvang sy trofee van Charl van Rooyen, Voorsitter van die Landbouskrywersvereniging . Kobus is onlangs vereer vir sy bydrae tot die bevordering van biotegnologie, en is as Nasionale Landboukundige van die Jaar van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika aangewys.