Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Roundup Ready Corn 2

September, 2005 - Vroeër die jaar is besluit dat Monsanto die Roundup Ready Mielie handelsmerk wat in Suid-Afrika gebruik word, ook moet verander na die Roundup Ready Corn 2 handelsmerk wat in die res van die wêreld gebruik word om te onderskei tussen die GA21 en NK603 gebeurtenisse.

GA21, wat in die VSA bemark word en goedgekeur is vir invoere na die EU, staan bekend as Roundup Ready Corn. Omdat die NK603 gebeurtenis ook nou goedgekeur is vir invoere na die EU, en om verwarring by owerhede en graanhandelaars te voorkom, was dit nodig dat Monsanto onderskei tussen die twee gebeurtenisse en het gevolglik die NK603-gebeurtenis, Roundup Ready Corn 2 genoem.

In Suid Afrika het Monsanto nog altyd net NK603 gekommersialiseer, en die produk was geneom Roundup Ready Mielies (RR Mielies). Om nou aan die internasionale standaarde en gebruike te voldoen sal Monsanto SA die handelsmerk in Suid-Afrika ook verander na Roundup Ready Corn 2. Dit is nie 'n nuwe gebeurtenis of produk nie, maar 'n blote vernadering in die naam en logo van die bestaande produk.

In die toekoms sal alle advertensies, mediaverklarings, boeredaguitnodigings, saadverpakking en katalogusse, asook advertensies die nuwe handelsmerk (logo) Roundup Ready Corn 2 dra. Dit sal ook deur die lisensiehouers in Suid-Afrika, nl Pioneer en Pannar so hanteer word. Daar sal 'n oorgangsperiode wees waartydens beide logo's (handelsmerke) gebruik sal word.