Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Monsanto Personeel in Bethlehem Ontvang Erkenning Vir Veiligheid

September, 2005 - Monsanto se Koringnavorsingsentrum in Bethlehem, het onlangs die VSA se Occupational Safety and Health Administration (OSHA) Voluntary Protection Program (VPP) Star sertifisering ontvang. Hierdie is die Agentskap se beste klassifikasie. Die toekenning is in Augustus aan die maatskappy op Bethlehem oorhandig tydens 'n seremonie wat bygewoon is deur Mnr Kobus Lindeque (Gebiedsdirekteur Monsanto Sub-Sahara Afrika), verteenwoordigers van OSHA, Monsanto Bethlehem se personeel asook van die Monsanto Bestuurslede van die Maatskappy se hoofkantoor in St. Louis. Missouri, VSA.

Dr. Danie Theunissen, Navorsingsdirekteur vir Koring - Afrika, het gesê dat die mylpaal bereik is duer volgehoue toewyding van al die personeel op Bethlehem omdat hulle voortdurend veiligheid onderskryf.

Om die Ster-toekenning te kan ontvang, moet 'n perseel 'n streng OSHA audit ondergaan wat toon dat veiligheidsprogramme en aksies voortdurend toegepas word. Die perseel moet ook kan toon dat hulle 'n veiligheids- en ongeluksyfer het, minder as die van ander maatskappye in die industrie.

From left: Ron Hagar - Director ESH, Tegnology - St. Louis,
Elsabe le Roux (ESH Contact, Monsanto Bethlehem), Michael Martin - Global Lead for Special Crops Breeding - St. Louis, Emer O'Broin - Vice President ESH - St Louis, Kobus Lindeque - MD Monsanto Africa,
Dr. Danie Theunissen - Research Director for Wheat - Africa and
Luc Moens - ESH Lead, Europe Africa (Supply & Seed) Brussels.