Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Aansoek om die Algemene Vrystelling van Genetiesveranderde organizmes

August, 2005 - Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021, kondig hiermee sy voorneme aan om aansoek te doen vir die Algemene Vrystelling van tweedegenerasie genetiesveranderde katoenvariëteite. Hierdie genetiesverbeterde katoenvariëteite is ontwikkel deur die gebruik van hersaamgestelde tegnologie soos ontwikkel deur die Monsanto maatskappy. Dit is vermag deur die stabiele integrasie van twee cp4 epsps-geen-uitdrukkingskassette (CP4 Agrobacterium ssp.) in die katoengeen deur gebruik te maak van Agrobacterium. Die huidige kommersiële Roundup Ready-katoenvariëteite bevat een cp4 epsps-geen-uitdrukkingskasset.

Roundup Ready® -katoenvariëteite is sedert die 2000 somerseisoen kommersieel is Suid-Afrika verbou. Roundup Ready® Flex-katoenvariëteite bevat 'n nuwe veranderde geen wat ontwikkel is om dieselfde CP4 EPSPS-ensiem prote&luml;en uit te druk as wat in die kommersiële Roundup Ready-katoenvariëteite uitgedruk word. Hierdie tweede-generasie, glifosaatverdraagsame katoenproduk, Roundup Ready Flex-katoen, bide verhoogde verdraagsaamheid teenoor glifosaat in vergelyking met die huidige produk, Roundup Ready-katoen. Die gebruik van Roundup Ready® Flex-katoenvariëteite bring mee dat Roudup-onkruiddoder oor die katoen-oes oplater stadiums van ontwikkeling aangewend kan word as wat met Roundup Ready-katoen moontlik is. Dit sal meer doeltreffende onkruidbeheer gedurende produksie met minimale risiko van oesskade verseker, aangesien Roundup landbouonkruiddoders hoogs doeltreffend is teen die meeste eenjarige en meerjarige onkruide wat in die later stadiums van gewasontwikkeling problematies mag wees.

Katoen word in die volgende streke in Suid-Afrika verbou: Mpumalanga, Noord-, Noordwes- en Noordkaap, asook KwaZulu-Natal en rondom die volgende plekke - Macuville, Mamils, Loskop, Mooirivier, Roedtan, Settlers, Levubu, Letsitele, Lichtenburg, Armoedsvlakte, Rustenburg, Britz, Marico, Vaalwater, Pongola en die Mkhathini-vlakte. Die doel is om, soos wat geskikte variëteite beskikbaar raak, Roundup Ready Flex-katoensaad in al hierdie katoenproduserende gebiede beskikbaar te stel.

Alle belangstellende partye moet geskrewe kommentaar of besware stuur aan:

Die Registrateur
Genetiesveranderde Organismes
Privaatsak X973
Pretoria
0001
Faks: (012) 319-6329

Alle kommentaar moet binne 30 dae vanaf publikasie van hierdie kennisgewing ontvang word.