Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Nuus
Veiligheid


Roundup® - Steeds die onbetwisbare leier ná 30 jaar

September, 2005 - Roundup is vandag, ná 30 jaar steeds die mees gebruikte onkruiddoder in die wêreld.

Glifosaat, die aktiewe bestanddeel van Roundup, beskik oor verskeie unieke biologiese eienskappe. Roundup is 'n breëspektrum, nie-selektiewe, ná-opkoms, sistemiese onkruiddoder met geen grondwerking en 'n uiters gunstige toksikologiese profiel. Roundup is selfs veiliger as tafelsout, maar moet verantwoordelik gebruik word.

Die nie-selektiewe aard van hierdie onkruiddoder het aanvanklik geblyk om meer 'n nadeel te wees. Wie wil nou alles wat groen is, ook gewasse, doodspuit? Met verloop van tyd het die Monsanto-span egter besef dat die sistemiese eienskap van Roundup 'n geweldige groot bydrae gaan lewer. Moeilik beheerbare, meerjarige onkruide soos kweek en Johnsongras, kon nou vir die eerste keer doeltreffend beheer word.

Die aktiewe bestanddeel, glifosaat, word tot in die wortels vervoer. Roundup het aanvanklik nie in die eenjarige onkruidmark meegeding nie. Dit was oorheers deur 'n nie-sistemiese onkruiddoder, parakwat, maar met die verval van patentregte het die pryse begin daal en het Roundup meer bekostigbaar geword vir algemene gebruik.

'n Wêreldwye aksie om bewaringsbewerking (voorplantbespuiting) toe te pas, het die vraag na Roundup verder laat toeneem. Roundup het vinnig veld gewen en word vandag ook gebruik vir algehele breëspektrum onkruidbeheer in industriële- en ontspanningsareas, asook die huis- en tuinmark (opritte).

Die mees onlangse aanwending is onkruidbeheer in glifosaatverdraagsame gewasse soos Roundup Ready-mielies, -sojabone en -katoen. Die toevoeging van 'n enkele geen in 'n plant laat nou toe dat Roundup Ready onkruiddoder sonder enige nadelige uitwerking op die gewas gespuit word.

Wat dus aanvanklik as 'n nadeel beskou is, het nou 'n geweldige voordeel geword: Een produk vir breëspektrum onkruidbeheer in mielies, sojabone en katoen.

Roundup is reeds in 1975 in Suid-Afrika geregistreer, en is steeds ná 30 jaar die leier in vele opsigte. Nie net is Roundup die markleier in verkope nie, maar ook wat kwaliteit en innovasie betref. 'n Produk van hoogstaande kwaliteit is krities belangrik vir doeltreffende onkruidbeheer, veral ten opsigte van moeilik beheerbare onkruide en in minder gunstige omgewingstoestande. Volgehoue innovasie het gelei tot die registrasie van produkte wat selfs meer indrukwekkend as Roundup is.

Roundup Turbo is 'n hoë-lading formulasie wat gedryf word deur TranSorb tegnologie. Hierdie tegnologie verseker reënvastheid ná slegs twee ure met geen brandende uitwerking op die blaaroppervlakte nie. Dit is 'n geweldige voordeel vir die Roundup Ready onkruiddoder.

Onthou dat die aanvanklike uitkoms van onkruidbeheer plantdood is, en dat die oorspronklike Roundup die blaaroppervlakte beskadig (brandaksie). Nou, met die aanwending op glifosaatverdraagsame gewasse, wil ons doeltreffende onkruidbeheer verseker Nog belangriker is egter om gewasskade te verhoed, wat tot gewasstremming en verlaagde opbrengste kan lei. Deur slegs Roundup Ready onkruiddoder op Roundup Ready gewasse te gebruik, word doeltreffende onkruidbeheer en maksimum gewasveiligheid verseker.

Roundup het gewis sy plek as markleier oor die afgelope 30 jaar verdien, en gaan die toekoms met saam met u tegemoet.

Meer as 60% van Suid-Afrika se glifosaat-gebruikers maak op Roundup staat. Is u ook een van hulle wat kwaliteit produkte verkies?
Roundup (L 0407), Roundup Ready (L 6702) en Roundup Turbo (L 7166), Wet Nr. 36 van 1947, is Groepkode G- onkruiddoders en is geregistreerde handelsmerke van Monsanto. Roundup Ready is ook 'n geregistreerde handelsmerk van Monsanto. Vir verdere navrae kontak (011) 790 8200.