|
Die Vraag Is Nie Net Hoe Effektief Jou Onkruiddoder Is Nie, Maar Ook Hoe Veilig Dit Is?
Desember, 2003 - As daar een feit is wat die huidige seisoen met die lae mieliepryse duidelik is, is dit dat mielies nie meer geplant kan word as die potensiaal van die grond en die baster wat geplant word, nie tot sy optimum benut word nie. Onkruidbestuur word dus al hoe meer noodsaaklik en omdat die hoë insetkoste en lae winsmarges geen ruimte laat vir risiko nie, het gewasveiligheid saam met effektiwiteit sleutelwoorde geword met die keuse van 'n onkruiddoderprogram. Die saadbed moet skoongehou word met 'n effektiewe, maar veilige residuele onkruiddoder, aangesien die potensiaal van die mielieplante in die eerste agt weke na opkoms bepaal word.
Guardian S® EC van Monsanto bevat 'n beproefde beveiliger en kan dus met veiligheid in mielies gebruik word; trouens, dit is die veiligste acetochloor onkruiddoder in mielies. Onafhanklike navorsing deur die LNR te Potchefstroom het getoon dat Guardian S die veiligste acetochloor-bevattende onkruiddoder op die mark is.
Wat Guardian S kop en skouers bo kompeterende produkte laat uitstaan, is sy effektiwiteit en langwerkende residuele aktiwiteit. Die aktiewe bestanddeel, asetochloor, het 'n lae logingsindeks met die gevolg dat dit selfs na swaar reën in die ontkiemingsone van die onkruid teenwoordig is. Indien die onkruiddoder volgens etiketvoorskrifte toegedien word, verskaf dit beheer vir tot 12 weke. Guardian S beheer 8 van die mees algemene grasonkruide, insluitende Kruisvingergras, Jongosgras, Beesgras en Buffelsgras. Guardian S beheer 13 breëblaaronkruide, insluitende Misbredies, Wandelende jood, vroeg ontkiemende Stinkblaar, vroeg ontkiemende Kakiebos en Wit- en Groenhondebossie.
Guardian S is verseker die voorste multi-doel onkruiddoder in die mark. Die onkruiddoder het geen grondoordraging nie en is daarom besonder geskik in wisselboupraktyke.
GUARDIAN S® EC, onkruiddodergroep HRAC K3, reg no L 4862, Wet 36/1947, bevat Asetochloor (skadelik) en is 'n geregistreerde handelsmerk van Monsanto SA (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021, Tel (011) 7908200.
|