Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Saadkatalogus
Eienskappe
Gewasbeskerming
Bewaringsbewerking
Alle etikette


Produkte en Oplossings
Eienskappe

Die afgelope paar jaar het Monsanto homself verbind tot vyf beginsels waarvolgens ons, ons besigheid moet bedryf - gesprekvoering, deursigtigheid, respek vir ander se sienings en besware, die deel van inligting en om voordele aan ons kliënte en aan verbruikers te lewer.

Die maatskappy streef ook daarna om 'n kompeterende verskaffer van landbou-insette en tegnologie te bly deur voortdurend nuwe produkte op die mark te plaas wat presteer en wat van gehalte getuig. Dit bereik ons deur op ons kliente se behoeftes te fokus.

Our aim is to strengthen our current product portfolio by integrating chemical crop protection, seeds, Biotegnologie and information technology capabilities in the marketplace as well as through new alliances and partnerships.

Monsanto beskou biotegnologie as strategies belangrik vir volhoubare landbou en is die wêreldleier in biotegnologiese ontwikkeling. Ons is gelukkig om deel te wees van Afrika waar ons van die eerstes was om betrokke te raak by biotegnologie, hoofsaaklik weens briljante werk wat deur die spanne in die VSA, maar ook hier in Afrika, aangepak is. Die uiteindelike doel van biotegnologie is om 'n geintegreeerde produk aan kliënte te bied - 'n produk wat insetkostes kan verlaag, opbrengste kan verhoog, bestuur vergemaklik, oeste verseker en gemoedsrus bewerkstelling.

Monsanto bestee jaarliks wêreldwyd miljarde rande aan navorsing en vir die ontwikkeling van nuwe produkte en alle produkte word deeglik in laboratoriums, sowel as in uitgebreide veldproewe en onder kommersiële toestande getoets voordat dit vrygestel word.

Baie mense in Afrika maak staat op landbou om in hulle basiese behoeftes te voldoen en in die aangesig van die groeiende populasies, sowel as gesondheids- en omgewingsuitdagings wat die hoof gebied moet word, blyk dit dat die huidige metodes van landbou nie in staat is om aan die groeiende behoefte te voldoen nie. Daarom is dit noodsaaklik dat die kontinent se boere toepaslike tegnologië aanvaar en riglyne daarstel wat hulle in staat kan stel om produktief en kompeterend te kan boer.

Boere in Suid-Afrika is in die benydenswaardige posisie dat hulle van hierdie tegnologieë gebruik kan maak, indien hulle wil. Die GMO-wet bied streng regulering wat die goedkeuring en gebruik van hierdie gewasse betref, en beide kommersiële en kleinboere het reeds die produksievoordele van sodanige gewasse besef. Noord van die Limpopo neem die steun vir biotegnologie ook toe. Lande soos Zimbabwe, Nigerië, Kenia, Uganda, Burkino Faso en Egipte is vinnig besig om wetgewing in plek te kry sodat hierdie tegnologieë deur hulle boere gebruik kan word.

Wat nog meer verblydend is, is die feit dat 'n biotegnologiese vermoë ook geskep word, wat sal uitloop op 'n "Afrika-kapasiteit" om hierdie tegnologieë in te span. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die Keniaanse patatprojek, waarin virusbestande patats ontwikkel is deur gebruik te maak van plaaslike kundigheid en vermoë.