|
Diens en verhoudinge - 'n integrale deel van die Monsanto-pakket
Mens kan jouself afvra 'Wat maak 'n maatskappy nou beter - is dit mense, produkte of diens? Volgens Monsanto sal die antwoord egter altyd - al drie - wees.
Monsanto met sy twee saad handelsmerke, Carnia en Sensako, saam met die wye reeks onkruiddoders en biotegnologie, behaal sukses deur die doeltreffende bestuur van sy mense, sy produkte en die diens wat hy lewer.
Monsanto span tegnologie in om kwaliteitprodukte beskikbaar te stel wat kliente se risikos verminder en toegevoegde waarde bied. Hoe doen die maatskappy dit? Toegepaste en gerigte navorsing, intensiewe teelprogramme, landboukundige dienste wat fokus op produkontwikkeling en -evaluering asook 'n toegewyde verkoopspan wat sterk klem lê op dienslewering en klienteverhoudinge.
Mnr Hans van Rensburg, 'n boer van die Bronkhorsptruit-omgewing, in sy Yieldgard mielieland. |
Teling
'n Uitgebreide produkreeks wat geskik is vir uiteenlopende omstandighede kom egter nie vanself op die mark nie. Dit verg jare se toegewyde en intensiewe teelprogramme. Daar word geweldig baie vereistes aan die seedsbedryf gestel - van die boer se kant af, maar ook van die verbruiker se kant af - en vir 'n maatskappy om te oorleef, moet aan daardie vereistes voldoen word.
Fisiese aspekte soos bemarkingstreke, grondtipes en klimaat het 'n groot invloed op 'n teelprogram.
In die hele SubSahara Afrika word sowat 27 miljoen ha mielies verbou, waarvan 24 miljoen ha, witmielies is. Dit is dus duidelik dat witmielies die fokus moet wees van enige teelprogram in Afrika. In Suid-Afrika dikteer die graanmark 'n vraag na wit- en geelmielies, elk met sy eie vereistes ten opsigte van hardheid, kwaliteit en kleur. In die res van die gebied noord van die Steenbokkeerkring, is die vraag na slegs witmielies wat bestand is teen grysblaarvlek, met 'n kort groeiseisoenlengte.
Neerslag op die kontinent is wisselvallig en uiteenlopend - vanaf 300 mm per jaar tot soveel as 2 000 mm per jaar - en vir elk van die omstandighede moet daar 'n aangepaste produk wees vir die mark. Wat die situasie verder uniek maak, is Suid-Afrika oor 16 verskillende grondtipes beskik en dat elk unieke eise stel ten opsigte van die staanvermoe van gewasse, asook die opname van voedingstowwe en vog. |
Met 'n slagspreuk van "Dirt being one of our national treasures", is dit duidelik dat Monsanto fokus op volhoubaarheid. Daarom word al die basters ook by verminderde en geen-bewerkingstelsels getoets sodat hy in staat kan wees om aanbevelings te maak oor geskikte kultivars vir boere wat verminderde bewerkingspraktyke beoefen. Opbrengs en siekteprofiele van die basters is van die belangrike aspekte wat ondersoek word.
Produkontwikkeling
Die Produkontwikkelingspan in Suid-Afrika bestaan uit 9 persone wat verantwoordelik is vir markontwikkeling, promosie, die oordra van tegniese inligting, opleiding en verkoopsondersteuning. Die span hanteer ook alle registrasies van nuwe produkte.
In elk van die verkoopstreke doen hulle strookproewe om bestaande en nuwe kultivars teen mekaar te toets en ook te evealueer ten opsigte van die kompetisie wat op die mark is. Verder ondersoek hulle ook spuitprogramme vir onkruide. Uit die proewe word nie net data gegenereer vir maatsskappygebruik nie, maar ook vir die klient. Die strookproewe is op boere se plase en kan deur enige voornemende klient besoek word. Sien is tog glo!
Verkoopspan
Monsanto bedien sy kliente volgens vier verkoopstreke, elk met 'n verkoopsbestuurder en 'n span toegwyde, maar ook kundige verkoopspersoneel en 'n paar agente. Daar word van elke verteenwooridger verwag om sy kliente sowat 5 keer per jaar te besoek. Tydens die eerste besoek van die jaar word aanbevelings gedoen en bestellings geskryf, maar verder word daar ook produkinspeksies gedoen, lande word besoek, oeste geevalueer en op die ou einde is die verteenwoordiger die boer se regterhand en vriend.
Die maatskappy fokus op dienslewering en verhoudinge en daarom is voortdurende opleiding van die verkoopspersoneel op alle terreine van die besigheid noodsaaklik.
Volgens navorsing wat gedoen is, is daar 'n hele paar aspekte wat 'n boer se besluit ten opsigte van kultivarkeuse beinvloed. In volgorde van belangrikheid is die: opbrengs, staanvermoë, bestandheid ten kopvrot, blaarsiektes, stabiliteit, prys, afdroging en stamboorderbeheer. Monsanto probeer deur die geintegreerde bestuur van sy produkte, sy mense en prosesse die behoeftes van sy kliente bevredig.
Deur voortdurende aanpassings, vernuwings en toegewydheid het Monsanto in Suid-Afrika tot 'n belangrike landbou-insetverskaffer gegroei. Die landboubedryf is wêreldwyd onder ongelooflike druk, maar Monsanto glo dat innovasie die beste alternatief is om veranderinge en druk te hanteer en dit is presies waarmee ons, ons besig hou.
Monsanto se visie is om 'n volhoubare besigheid in stand te hou wat gebasseer is op wedersydse respek vir ons kliente asook alle ander belangegroepe. Ons streef daarna om 'n kompeterende verskaffer van landbou-insette en tegnologie te bly deur voortdurend nuwe produkte op die mark te plaas wat presteer en wat van gehalte getuig. Dit bereik ons deur op ons kliente se behoeftes te fokus.
Gedurende die afgelope die seisoene het die Carnia en Sensako produkte uitstekend gevaar in die Nasionale Kultivarproewe van die Landbounavorsingsraad. Dit is 'n bewys van die diepte in Monsanto se wit- en geelmielieteelprogramme. Met die prestasies is die boer verseker van produkte van uitstaande gehalte en top opbrengste en moet ons spesifiek verwys na ons vier top witmielieprodukte CRN 3505, CRN 3549, SNK 2551 en SNK 2969.
Wat gewasbeskerming betref, kan boere steeds staatmaak op Monsanto se Glifosaat en Asetanalideprodukte soos Roundup en Bullet wat jare reeds in die mark beskikbaar en oor en oor bewys is. Nougesette gehaltebeheer verseker dat al die chemiese produkte steeds waarde vir geld bied en suksesvolle onkruidbeheer gee.
Deur toegepaste navorsing en moderne tegnologie verseker Monsanto dat alle produsente in staat gestel word om graan van hoogstaande gehalte te produseer. Dit was een van die oorweegredes waarom Monsanto die seedsdroër buite Lichtenburg opgerig het. Die seeds afkomstig van die droër toon uitstaande ontkieming en groeikragtigheid in alle omgewingstoestande.
Onlangs het Monsanto 'n paar nuwe produkte tot die boer se beskikking gestel - Roundup Ready Katoen, Roundup Ready Sojas, Roundup Ready Mielies, Roundup Turbo en Latitude. Nuwe verbeterde mielie-, soja-, sonneblom- en koringprodukte word jaarliks vrygestel en in die komende jaar sien ons uit na die vrystelling van nog innoverende nuwe produkte deur ons uiters dinamiese navorsingspan.
Monsanto glo aan direkte kontak met ons kliënte - boere, koöperasies en agente. Daarom belê ons in topgehalte verkoopspersoneel en landboukundiges wat kliënte op hulle plase besoek en toepaslike aanbevelings maak. Hulle sien toe dat ons produkte aan elke boer se behoeftes voldoen. Monsanto is voorts verbind tot noue gesprekvoering met alle belanghebbende groepe, veral ten opsigte van biotegnologie.
Monsanto beskou biotegnologie as strategies belangrik vir volhoubare landbou en is die wêreldleier in biotegnologiese ontwikkeling. Ons is gelukkig om deel te wees van Afrika waar ons van die eerstes was om betrokke te raak by biotegnologie, hoofsaaklik weens briljante werk wat deur die spanne in die VSA, maar ook hier in Afrika, aangepak is. Die uiteindelike doel van biotegnolgoie is om 'n geintegreeerde produk aan kliënte te bied - 'n produk wat insetkostes kan verlaag, opbrengste kan verhoog, bestuur vergemaklik, oeste verseker en gemoedsrus bewerkstelling.
Ons glo dat die toekoms van suksesolle boerdery in waardetoevoeging lê en dit is waarop ons fokus wanneer ons nuwe produkte daarstel. Ons is verbind daartoe om in die Suid-Afrikaanse landbou te belê en om moderne tegnologie aan plaaslike boere beskikbaar te stel wat hulle sal help om in die wêreldmarkte te kompeteer.
Kobus Lindeque - Gebiedsdirekteur Monsanto SubSahara Afrika |