|
Monsanto is vir jare reeds bekend in Suid-Afrika en het ‘n huishoudelike naam geword met produkte soos Roundup® en Guardian S®. Monsanto beskik oor onkruiddoders vir selektiewe en nie-selektiewe onkruidbeheer in landbou-, nie-gewas-, industriëele-, bosbou- en bewaringsgebiede.
Roundup® (L0407) is ‘n nie-selektiewe onkruiddoder wat reeds in 1975 geregistreer is en steeds die voorste glifosaat-gebasseerde onkruiddoder in die wêreld is. Biotegnologie, met die koms van Roundup Ready katoen, sojas en mielies, het die manier waarop geboer word verander. Hierdie tegnologie bied ‘n uitstekende hulpmiddel vir onkruidbeheer. Roundup Ready® (L6702) onkruiddoder is die enigste formulasie wat geregistreer is vir gebruik bo-oor Roundup Ready gewasse. Roundup® Turbo, bevat 450 g/L (20% hoër lading) en is reënvas na twee ure, is die nuutste toevoeging tot die glifosaat produkreeks.
Monsanto se selektiewe onkruiddoders is gebasseer op alachloor en acetochloor. Beide lewer uitstekende grasbeheer en beheer ook verskeie breëblaaronkruide. Lasso® EC (L0977) en Lasso® MT® (L4728) is die twee alachloor-gebasseerde formulasies en kan gebruik word op ‘n wye reeks gewasse. Guardian S® (L4862) is die veiligste acetochloor-gebasseerde formulasie beskikbaar vir vooropkoms gebruik in mielies. Drieweg-mengsels (Bullet®, L5623 en Amaizing®, L5807) wat saamgestel is uit acetochlor, atrasien en terbutulasien is beskikbaar as geriefsprodukte.
Monitor (L6003) is ‘n selektiewe onkruiddoder vir die beheer van Predikantsluis in koring.
Produkkwaliteit en gewasveiligheid is twee van die mees belangrike kriteria met die ontwikkeling van nuwe produkte en formulasies
| Product |
Active Ingredients |
Active Ingredients (g/L) |
Reg. No. |
Registration Holder |
| Roundup Turbo |
Glyphosate |
450 |
L7166 |
Monsanto SA |
| Bullet |
Asetochlor/Atrasiaf/Terbuthylazine |
250/225/225 |
L5623 |
Monsanto SA |
| Guardian S |
Asetochlor |
840 |
L4862 |
Monsanto SA |
| Lasso MT |
Alachlor |
480 |
L4728 |
Monsanto SA |
|
|