Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Saadkatalogus
Eienskappe
Gewasbeskerming
Bewaringsbewerking
Alle etikette


Bullet® bullet
  Features & Benefits     Die Effek Van Onbeheerde Onkruid  
  Samestelling     Aanbevelings     Toedieningsinligting     Label     MSDS  

Features & Benefits

Skiet 'N Kolskoot Met

Die Unieke Drie-In-Een-Onkruiddoder
Vir Vooropkomsbeheer In Mielies

BULLET® is 'n unieke samestelling van drie staatmaker residuele mielie-onkruiddoders en beheer 14 eenjarige grasse en 28 breëblaaronkruide in mielies wanneer dit die meeste saakmaak - voordat hulle opkom.

Geharde grasse soos Kruisvingergras (Digitaria sanguinalis), Soetbuffelsgras (Panicum schinzii), Tuingras (Urochloa brachyura), en Beesgras (Urochloa panicoides), sowel as breëblare soos Kakiebos (Tagetes minuta), Mielie crotolaria (Crotolaria sphaerocarpa) en vroeg ontkiemende Stinkblaar (Datura spp.) word deur Bullet beheer.

NOTA: Alhoewel hierdie produk op 'n verteenwoordigende reeks ekonomies belangrike plantvariëteite onder 'n groot verskeidenheid grond- en klimaatstoestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat hierdie produk onder alle omstandighede doeltreffend en veilig op die gewas sal wees nie, omdat die uitwerking van die chemikalieë deur sowel faktore soos abnormale grond-, klimaats- en bergingstoestande as metode en akkuraatheid van toediening, beïnvloed word. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir gewasskade of vir ondoeltreffendheid as gevolg van 'n versuim om die etiketaanbevelings na te volg, of as gevolg van die bestaan van toestande wat die registrasiehouer nie redelikerwys kon voorsien nie. Neem asseblief ook kennis dat die inligting in hierdie pamflet nié die inhoud en aanbevelings op die geregistreede BULLET-etiket vervang nie. Voordat die middel toegedien word, moet die geregistreerde etiket deeglik gelees word.