|
Die term "bewaringsbewerking" is 'n sambreelklassifikasie vir verskeie gewasproduksiestelsels wat metodes insluit soos geen-bewerking, verminderde bewerking, minimum bewerking, direkte saai en ander metodes. Eenvoudig gestel, al hierdie metodes laat oesreste agter om die grond tydens groeiseisoene te bedek, en bied hierdeur 'n beskermende laag wat die grond in plek hou, afloop minimaliseer en erosie dramaties verminder sowel as vaslaan/toeslaan hokslaan.
Minimum-bewerking, as 'n metode van bewaringsbewerking, het die mielieboere wat dit in die 1980's beoefen het, nie goed behandel nie, as gevolg van die Diplodia kopvrot-epidemie en geen gewasrotasiestelsels. Maar die deregulering van die graanbedryf en die druk van hoë insetkoste en vervaardigingspryse het graanboere gedwing om alternatiewe boerderypraktyke te oorweeg. Die deur na bewaringsbewerking, wat die metode van geen-bewerking insluit, is weer eens oop as 'n paslike gewasproduksie tegniek. Een van die redes is die beskikbaarheid vandag van geen-bewerkingplanters, wat 'n paar jaar gelede nie beskikbaar was nie, en die toename in kennis oor die geen-bewerkingboerderystelsel.
|
 |
|