Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Saadkatalogus
Eienskappe
Gewasbeskerming
Bewaringsbewerking
Alle etikette


Produkte en Oplossings
Bewaringsbewerking

Die term "bewaringsbewerking" is 'n sambreelklassifikasie vir verskeie gewasproduksiestelsels wat metodes insluit soos geen-bewerking, verminderde bewerking, minimum bewerking, direkte saai en ander metodes. Eenvoudig gestel, al hierdie metodes laat oesreste agter om die grond tydens groeiseisoene te bedek, en bied hierdeur 'n beskermende laag wat die grond in plek hou, afloop minimaliseer en erosie dramaties verminder sowel as vaslaan/toeslaan hokslaan.

Minimum-bewerking, as 'n metode van bewaringsbewerking, het die mielieboere wat dit in die 1980's beoefen het, nie goed behandel nie, as gevolg van die Diplodia kopvrot-epidemie en geen gewasrotasiestelsels. Maar die deregulering van die graanbedryf en die druk van hoë insetkoste en vervaardigingspryse het graanboere gedwing om alternatiewe boerderypraktyke te oorweeg. Die deur na bewaringsbewerking, wat die metode van geen-bewerking insluit, is weer eens oop as 'n paslike gewasproduksie tegniek. Een van die redes is die beskikbaarheid vandag van geen-bewerkingplanters, wat 'n paar jaar gelede nie beskikbaar was nie, en die toename in kennis oor die geen-bewerkingboerderystelsel.

 Verwante Inligting...
Die moet hê's
Wat is bewaringsbewerking?
Stikstofvereiste
 

Voorplantbespuiting: Die Ekonomiese Alternatief

Onkruid moet nie net vanaf plant beheer word nie, maar die hele jaar lank. Dit plaas groot druk op masjinerie wat jaarliks verouder omdat nuwe implemente net onbekostigbaar geword het. Voorplantbespuiting in plaas van 'n bewerking is een van die metodes om duur implemente te spaar en selfs al sou dié koste van bespuiting saam met die prys van die onkruiddoder dieselfde wees, hou 'n bespuiting 'n oneindige aantal ander voordele in waarvan die meeste indirekte besparings is.

Van die belangrikste voordele sluit in:

  • Indien die regte onkruiddoder vir die onkruidspektrum volgens etiketvoorskrifte gebruik word, is 'n voorplantbespuiting 100% effektief, terwyl 'n skoffelbewerking nie net minder effektief is nie, maar ook nuwe onkruidseeds stimuleer om te ontkiem.
  • Duur implemente is minder onderwerp aan slytasie omdat 'n spuit minder trekkrag vereis as 'n bewerking.
  • Die struktuur van die grond sal merkbaar verbeter omdat meer organiese materiaal behoue bly.
  • Die infiltrasie en opberging van vog sal merkbaar verbeter.
  • Wind- en watererosie sal merkbaar verminder.
  • Voorplantbespuiting skep meer tyd vir die gesin en vir ander bestuurstake.

Talle graanboere bewerk die grond weer nadat die seedsbed reeds berei is, met die primêre doel om onkruid te beheer. Só 'n situasie skep die ideale geleentheid om minstens een bewerking uit te skakel. Wat sommige graanboere nog nie besef nie, is dat laer dosisse onkruiddoder, volgens etiketvoorskrifte, nodig is om onkruid te beheer wanneer hulle nog klein is - voor die 4-blaarstadium. Dit kan 'n besparing van 8% tot 20% op onkruiddoderkoste meebring. 'n Voorplantbespuiting met Roundup® Turbo van Monsanto, bied beslis 'n ekonomiese alternatief vir 'n konvensionele skoffelbewerking. Roundup Turbo se TranSorb -tegnologie lei tot turbo-vinnige opname en -translokasie vir uitstekende resultate.

Die voorplantbespuiting kan met plant opgevolg word met 'n veelsydige residuele onkruiddoder soos Bullet® of Guardian S® van Monsanto om grasse en breëblaaronkruide in mielies te beheer voordat dit opkom.

Die gebruik van Roundup Turbo help al meer boere om verminderde bewerkingspraktyke te volg. Vogbewaring voor plant is krities en so word voorplantbespuiting dié metode om vog buite die seisoen op te gaar vir beskikbaarheid in die groeiseisoen. 'n Addisionele bonus van die praktyk volgens graanboere is dat dit ook 'n uitstekende bewaringsbewerkingspraktyk is, wat hulle help om die grond vir die nageslag te bewaar.

Bewaringsbewerking sal 'n verdere hupstoot kry met die koms van Roundup Ready mielies.