Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Saadkatalogus
Eienskappe
Gewasbeskerming
Bewaringsbewerking
Alle etikette


Produkte en Oplossings
Combi Packs

Monsanto Fokus Op Toevoeging Van Waarde - ook vir opkomende boere

'n Houer met alle insette vir mielie-aanplantings, die Combi-Pack, is onlangs Monsanto in Afrika bekend gestel. Die Combi-Pack is op kleinboere gemik en bevat die regte hoeveelhede bastersaad, onkruiddoder en koopbewyse vir kunsmis wat 'n boer nodig het om van 'n kwart tot sowat 5 ha te plant.

Monsanto wil hiermee verseker dat kleinboere alle insette wat nodig is vir suksesvolle mielieverbouing maklik kan bekom. "Ons het gevind dat boere in die verlede net op sommige insette gefokus het. Óf hy koop goeie saad en skeep onkruiddoders en kunsmis af, óf andersom. Ons glo dit gaan die kleinboer op sy plaas hou in die toekoms. Ons gaan ook die nodige opleiding verskaf om boere daarmee vertroud te maak," sê Kobus Lindeque, Area Direkteur van Monsanto Sub- Sahara Afrika.

In die houer is daar Yieldgard (Bt-mielies) of konvensionele bastersaad van die hoogste gehalte, Roundup onkruiddoder vir voorplantbespuiting, Bullet-onkruidoder vir na-opkoms bespuiting en koopbewyse vir kunsmis. Die Combi-Pack vorm deel van die maatskappy se strategie om in die toekoms skerp op waardetoevoeging te fokus. Saam met die voordele wat GM-saad vir die boer inhou, word bewaringsbewerking aangemoedig wat ook heelwat voordele inhou.