Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Beskikbare Produkte
Produkgidse
Produkveiligheid
Produkrentmeesterskap
Weerstandbestuurprogramme
Verwante Projekte
Africa Bio


Biotegnologie
Weerstandsbestuur = YieldGard Mielies

Met die aanbreek van die volgende seisoen se aanplantings om die draai en 'n 50% toename in verkope van Yieldgard-mielies , is dit noodsaaklik om net weer die konsep van weerstandsbestuur te verduidelik by die aanplant van kultivars wat weerstand bied teen stronkboorders.

Monsanto, die patentreghouer, ag dit baie belangrik en vereis dat produsente aan kontraktuele voorwaardes moet voldoen wanneer Yieldgard-mielies verbou word.

 Verwante Inligting...
Weerstandsbestuur = YieldGard Mielies
Nuwe Roundup Ready logo
Highlights of 10 years of biotechnology in South Africa
Biotegnologie: die biologie van Hoop
 

Weerstand ontwikkel nie baie vinnig in die natuur nie en word eers werklik n' probleem nadat die meerderheid vatbare insekte oor baie geslagte heen en deur jarelange blootstelling aan een middel deur dood verwyder is. Met bogenoemde ingedagte is dit dus uiters noodsaaklik dat Monsanto en die produsent die verantwoordelikheid deel en in 'n vennootskap staan om weerstand teen die Yieldgard-geen ten alle koste te voorkom. Indien slegs Yieldgard-mielies geplant word, mag oorlewende stronkboorders oor tyd heen 'n geslag bestande insekte skep. Om dit te voorkom, word van die produsent verwag om 'n toevlugsoord van mielies sonder die Yieldgard-geen aan te plant, sodat motte wat dalk kon oorlewe op die Yieldgard-mielies, paar met nie-weerstandbiedende motte uit die toevlugsoord. Die nageslag van die insekte sal dan weer deur die Yieldgard-geen beheer word.

Die Monsanto kontrak bied aan die produsent wat Yieldgard-mielies plant , twee opsies vir die aanplant van 'n toevlugsoord:

    A. 20% nie Yieldgard-mielies
        80% Yieldgard-mielies

    Beplant 20% van die oppervlakte wat met Yieldgard-mielies geplant word, met nie-Yieldgard-mielies van dieselfde groeilengte, binne 7 dae na die Yieldgard-mielies geplant is. Geen Yieldgard-mielies mag verder as 800 meter van 'n toevlugsarea af wees nie. Vir elke 80 hektaar mielies met die Yieldgard-geen wat aangeplant word, moet dus ook 20 hektaar mielies sonder die Yieldgard-geen aangeplant word.Die 20 hektaar moet behandel word met insekmiddels(uitgesonder Bt-bevattende middels) wat gerigistreer is vir die beheer van die mieliestamboorders Busseola fusca en Chilo partellus, wanneer die drempel van 10% skade oorskry word.

    B. 5% nie-Yieldgard-mielies 95% Yieldgard-mielies. Beplant 5% van die oppervlakte wat met Yieldgard-mielies geplant word, met nie-Yieldgard-mielies van dieselfde groeiseisoenlengte, binne 7 dae na die Yieldgard-mielies geplant is. Geen Yieldgard-mielies mag verder as 800 meter van 'n toevlugsarea af wees nie. Vir elke 95 hektaar mielies met die Yieldgard-geen wat aangeplant word, moet dus ook 5 hektaar mielies sonder die Yieldgard-geen aangeplant word. Die 5 hektaar mag nie behandel word met enige insekmiddels wat geregistreer is vir die beheer van die mieliestamboorders Busseola fusca en Chilo partellus nie.