|
 |
 |
|
Monsanto se biotegnologiese produkte, naamlik Bollgard, YieldGard, Roundup Ready Katoen, Roundup Ready Sojas en Roundup Ready Mielies word almal deur patente węreldwyd en in Suid-Afrika beskerm, en word deur middel van 'n tegnologie lisensiëringsooreenkoms aan verbouers wat daarvan gebruik wil maak, beskikbaar gestel.
|
 |
|
|
Monsanto se biotegnologiese produkte weerspieël die nuutste innovasies in moderne landbou en Monsanto is met reg trots daarop. Deur 'n program van produkrentmeesterskap, word nuwe produkte vir geskiktheid onder plaaslike toestande getoets. Dié wat geskik is, word dan by die betrokke owerhede in terme van Suid-Afrikaanse wetgewing geregistreer en word slegs dan aan boere beskikbaar gestel. Sodra Monsanto se produkte "in die mark" is, word hulle deurlopend gemonitor om te verseker dat hulle die voordele lewer waarvoor hulle ontwikkel is.
Hierdie monitering sluit 'n program van jaarlikse proewe in, wat op boeredae aan boere gedemonstreer word. Bevoegde landboukundiges ondersoek alle klagtes wat aangemeld word, en Monsanto se internasionale span navorsers is ook beskikbaar om elke produk te ondersteun. Waar gebruikstoestande verander, tree Monsanto se span produkbestuurders, ontwikkelaars en kundiges proaktief op om te verseker dat die produkte voortgaan om verwagte uitkomste te lewer. Dit hou veral betrekking op die biotegnologie produkte, waar beide onkruid- en insekweerstandsbestuurprogramme in plek is.
|
|
|
|