Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Beskikbare Produkte
Produkgidse
Produkveiligheid
Produkrentmeesterskap
Weerstandbestuurprogramme
Verwante Projekte
Africa Bio


Biotegnologie
Biotegnologie: die biologie van hoop

"Out of this nettle danger, We pluck this flower, safety," Shakespeare, Henry IV Part I.

Die enkel grootste bedreiging vir biodiversiteit vandag, is die eksponensiële groei in die getalle van die mees suksesvolle spesie op aarde, Homo sapiens. Die som van die omgewingsimpakte, soos besoedeling en habitatvernietiging, wat hierdie brose planeet bedreig, se oorsprong kan teruggevoer word na die steeds-groeiende menslike bevolking.

 Related Information...
Biotegnologie: Oorsig
 

Ontelbare argumente is al gelewer oor die absolute noodsaaklikheid daarvan om biodiversiteit te bewaar, ironies genoeg, om die welstand van dieselfde mensdom wat biodiversiteit die ergste bedreig, te bewaar en te verbeter. 'n Dubbele ironie is dat die mensdom oor beide die tegnologie en die vermoë beskik om die bestaande, waargenome diversiteit te bewaar, en selfs om die oppervlakgebiede waar hierdie diversiteit bewaar kan word, te vermeerder. Menslike vindingrykheid het antibiotika, verdowingsmiddels en warmhuise voorsien om die menslike lewe te verleng en te beskerm, die sekerheid van voedsel-lewering en vervoermeganismes: dit het selfs 'n man op die maan geplaas.

Daar word bereken dat daar teen 2025, 2.3 biljoen meer mense op die planeet sal wees wat gevoed moet word. Huidige beramings plaas die menslike bevolking op sowat ses biljoen, wat ons reeds voortsnel na die Sesde Uitwissing, aangesien die biodiversiteit waarop alle lewe interafhanklik is, bedreig word. Globale Verwarming mag netsowel Globale Waarskuwing genoem word. Die omploeging van bestaande, ongerepte wildernisse om hierdie bykomende mense te voed, is nie 'n opsie nie. Organiese boerdery is ook nie 'n betekenisvolle oplossing nie, hoewel die beginsels daaragter moontlik deel van die oplossing mag uitmaak. Aan die einde van die dag maak organiese boere geheel en al staat op grondstikstofverbinding om die noodsaaklike nitraat en ammoniak vir die groei van gewasse en opbrengs te voorsien. Reënwater verskaf die ander minerale. Synde dat die maksimum opbrengste van verbinde stikstof al telkens gemeet is, kan ons bereken dat die omploeg van nog 750 miljoen hektaar wildernis (en die uitwissing van daardie biodiversiteit) die beraamde bevolkingstoename teen 2025, net-net mag voed. Maar, dit blyk onwaarskynlik dat die globale demografiese oorgang teen 2025 voltooi sal wees. Bykomende voedselbronne sal dus benodig word. Daar is egter beperkte grond vir voedselproduksie beskikbaar sonder die verdere vernietiging van die belangrike woude en wildernisgebiede wat lewensnoodsaaklike suurstof produseer, ons lug suiwer, biodiversiteit beskerm en onderhou, en verseker dat grondwater wat ondergronds opgeneem word, voldoende gesuiwer is vir menslike gebruik. Indien dit die mensdom se wens is om bestaande, ongerepte habitatte te bewaar en uit te brei, is die verhoging van die produktiwiteit van bestaande landbougrond die enigste oplossing.

"Die wêreldbevolking neem elke tien sekondes met 27 mense toe…Met geluk sal hierdie 27 mense genoeg kos hê om te eet, skoon water om te drink en ordentlike huise hê om in te bly. Hulle sal boere, onderwysers, verkoopsmense, en tydskrifredakteurs word. As alles goed gaan, sal hulle leef tot 'n rype ouderdom…Hulle sal ook woude vernietig vir landbou en behuising, vragskuite riool genereer en riviere versmoor met die afloop van kunsmis... William Allen, Redakteur, National Geographic

Landboukundige toepassings van biotegnologie bied die mensdom (en by implikasie, die bestaande biodiversiteit) hoop. Biotegnologiese toepassings kan die voedsel- en veselproduksies van landbougrond wat tans in gebruik is, verhoog. Die toepassing van hierdie tegnologie is veral van waarde in Afrika en ander ontwikkelende streke, waar voedseltekorte gereeld voorkom, en ook waar, so word daar geredeneer, die meeste biodiversiteit steeds voorkom, te danke aan die gebrek aan industrialisasie. Biotegnologie in landbou bied omgewingsvriendelike oplossings vir die eise van toenemende bevolkings. Biotegnologie verskaf reeds 'n toename in opbrengste, beter insekbeskerming, verminderde swamtoksienes in kos en meer doeltreffende onkruidbeheer; alles gelewer in die saad van geneties-verbeterde gewasse. Dit skakel die nodigheid van onkruiddoders en "kap en brand" ("slash and burn") praktyke uit, wat almal 'n negatiewe uitwerking op biodiversiteit het. Op plaasgronde, keer lewe terug. Voëls maak neste in katoenlanderye, paddas word in toenemende getalle gesien, en nie-teiken insekte neem ook toe. Selfs die doodstryd van die Koningvlinder word te bowe gekom met rekord migrasie-getalle laas jaar. Meer as 15 laboratoriums het gewys dat die oorspronklike vrese oor die Koningvlinder ongegrond was. Huidige biotegnologiese toepassings in landbou is reeds besig om die impak van monokulture op biodiversiteit te verminder, en terselfdertyd produktiwiteit te verbeter.

"Elke jaar, sny en brand ons 1.5 tot 2 persent van die wêreld se oorblywende tropiese reënwoude af; verloor daarmee 'n beraamde 24 biljoen ton bogrond; en dra 93 miljoen mense by, tot 'n wêreldbevolking wat reeds kapasiteit bereik het" … Peter Raven & Ghillean Prance (Direkteur Missouri Botanical Garden & Direkteur Royal Botanic Gardens onderskeidelik).

Wat die toekoms betref, sal biotegnologie in staat wees om gesondheidsprodukte te lewer in die kos wat mense eet. Binne vyf jaar sal entstowwe teen die dodelike E.coli, hepatitis B, cholera en ander siektes, in geneties-verbeterde kos voorkom. Hierdie entstowwe sal baie stabiel wees, maklik wêreldwyd versprei kan word en geen verkoeling of inspuiting benodig nie; maar bloot inname.

Hoe lyk die landbou van die toekoms? Bestaande landboupraktyke is daartoe geneig om biodiversiteit te vernietig, tog daarsonder, sou die mensdom nie oorleef tot in die 21ste eeu nie. Om sowel biodiversiteit te bewaar as die mensdom te onderhou sal spesiale take en verantwoordelikhede van die 21ste eeuse boer eis, ongeag die skaal van sy onderneming. Of dit nou grootskaals, kommersieel of kleinskaal is, sal van hom verwag word om sy intelligensie te gebruik ten einde wisselbou, pesbeheer en verminderde grondbewerkingspraktyke saam te voeg ...tesame met die biotegnologie wat die mensdom die voedsel kan bied wat dit benodig, en terselfdertyd die biodiversiteit wat so dringend nodig is, te bewaar. Sonder nuwe tegnologieë soos geneties-verbeterde gewasse, sal die Sesde Uitwissing nie afgeweer kan word nie, en menslike prestasies sal uiteindelik niks beteken nie.