Monsanto - imagine  
Hoofblad Bladkaart Kontak Ons Help
Produkte en Oplossings Biotegnologie Nuus en Hulpbronne Meer Oor Ons Ons Belofte Loopbaangeleenthede
Oorsig
Kantore
Navorsing
Kontak Ons
Job Postings


Navorsing
Monsanto se Mielienavorsingsinisiatiewe in Afrika

Monsanto se Mielienavorsingspan in Suid-Afrika fokus op die ontwikkeling, karakterisering en kommersialisering van hoë gehalte bastermielies wat waarde-toegevoegde eienskappe bevat. Hierdie dinamiese span sluit 'n diverse groep wetenskaplikes in wat 'n multi-dissiplinêre benadering tot mielieteling volg.

 
 Verwante Inligting...
Mielies

Om aangepaste bastermielies te ontwikkel, beskik die mielienavorsingsgroep oor uitgebreide kiemplasma-ontwikkelingspanne wat belowende, ingeteelde stamouers eien en ontwikkel. Hierdie stamouers word dan met mekaar gekruis en in talle verskillende omgewings wat verteenwoordigend is van die volle omvang van stres en nie-stres toestande in Suid-Afrika, getoets. Monsanto is in die voordelige posisie om oor 'n werklik globale telingsinisiatief te beskik, waar kiemplasma oor landsgrense heen gedeel kan word. Dit is van die uiterste belang dat basters geteel word wat by plaaslike Suid-Afrikaanse toestande aangepas is, aangesien die land sy eie stres-toestande het waarvolgens verbou moet word. Sleutelkenmerke waarop daar in die telingsprogram gefokus word, is opbrengs, afdroging, staanvermoë, graangehalte en weerstand teen siektes soos Noordelike blaarskroei, Roes, Diplodia en grysblaarvlek.

As 'n tegnologie-maatskappy, maak Monsanto se telingsprogramme ten volle gebruik van merker-ondersteunde tegnologie asook verskeie ander laboratorium-gebaseerde tegnieke om te verseker dat teelgenerasies sover as moontlik verminder word. Dit verkort die tyd wat dit neem om Monsanto se uitstekende basters op die mark te kry. Monsanto se navorsingspan integreer ook eienskappe wat waarde toevoeg, soos die BT- en Roundup Ready-geen, by sy beste basters in. Die inskakeling van hierdie transgeniese eienskappe is 'n veelvuldige proses met streng gehalte- en veldevaluasies. Opbrengs word ook deur die navorsingspan getoets deur die gebruik van die beste meganiese planters en stropers wat beskikbaar is. Dit verseker dat Monsanto nie net 'n groter aantal proewe kan aanplant nie, maar dat die data wat ingesamel word, akkuraat is. Hierdie proewe is ook ontwerp om werklike plaastoestande so getrou moontlik na te boots.

Vir meer inligting oor Monsanto se mielienavorsingsinisiatiewe in Afrika, kontak asseblief die Hoof van Mielienavorsing in Afrika by Monsanto, dr Trevor Hohls, by trevor.hohls@monsanto.com.