|
Die toepassing van moderne tegnologië in die totale landboubedryf bring die besef van nuwe moontlikhede wat dit vir die bedryf inhou.
Monsanto is ’n wêreldklas landboumaatskappy met sy hoofkantoor in St Louis, Missouri. Ons visie is om ‘n volhoubare besigheid in stand te hou wat gebasseer is op wedersydse respek vir ons kliente asook alle ander belangegroepe. Ons streef daarna om ‘n kompeterende verskaffer van landbou-insette en tegnologie te bly deur voortdurend nuwe produkte op die mark te plaas wat presteer en wat van gehalte getuig.
Monsanto het met die aankoop van saadmaatskappye in Suid-Afrika 'n paar jaar gelede 'n markaandeel van minder as 20% in die saadmark besit. Nou, met die ondersteuning van moderne fasiliteite en navorsing wereldwyd het die maatskappy sy markaandeel laat groei tot net meer as 50% met nuwe produkte wat goed aangepas is vir Suid Afrikaanse toestande in die verskillende produksiestreke.
Suid-Afrikanse boere is topsakemanne vir wie hoë opbrengste en gehalte produkte van kardinale belang is. Monsanto het top-tegnologie produkte wat uitstekend presteer in nasionale onafhanklike proewe en saam met wêreldklas-aanlegte en fasiliteite, is Monsanto toegewyd om boere kometerend te hou in die huidige landboumileu.
Die uitstekende fasiliteite tot die maatskappy se beskikking in die VSA en Europa, maar ook plaaslik, dra by tot die vooruitgang van die totale landboubedryf in Suid-Afrika.
Monsanto bestee jaarliks wêreldwyd miljarde rande aan navorsing en gebruik laboratoriumtegnieke om sy teelprogramme te ondersteun en sodoende nuwe basters vinniger na die mark te bring. Dit staan bekend as MAB (Marker Assisted Breeding). Spesifieke gene word geidentifiseer om 'n bepaalde probleem aan te spreek en die tydsverloop wat tradisionele seleksies geneem het, word aansienlik verkort. Dié tegniek hou baie voordele vir die bedryf in Suid-Afrika in, veral ten opsigte van droogte- en siektebestandheid wat van kardinale belang is in 'n land waar boere sukkel met beperkende klimaatsomstandighede wat opbrengste beinvloed.
Alle Monsanto-produkte word eers deeglik in laboratoriums getoets en daarna ook in ekstensiewe veldproewe onder kommersiële toestande. Met puik DEKALB produkte in die Monsanto-kraal, is die boer nou in staat om uitstekende basters en varieteite uit twee mededingende saadpakette te selekteer.
Verder kan biotegnologie ook 'n positiewe invloed hê op die produksiekoste van produkte en 'n belangrike bydrae lewer tot die verbetering van produkkwaliteit. Vir ontwikkelende boere bied dit 'n oplossing omdat hulle nie noodwendig die kennis het om siektes korrek te identifiseer nie. Die gebruik van biotegnologie sal ook 'n afname in die gebruik van chemiese middels tot gevolg hê en daarom behoort dit positiewe bydrae tot die ekologie te hê.
Monsanto met sy bekende saad handelsmerk - DEKALB - saam met die wye reeks onkruiddoders en biotegnologie, probeer die boer se behoeftes aanspreek deur geintegreerde en doeltreffende bestuur van kwaliteit prossese, produkte en dienslewering. Die Maatskappy fokus op verhoudinge en daarom is direkte kontak met kliente vir Monsanto van kardinale belang.
Die staatmaker onkruidoder, Roundup, het homself al oor die jare bewys en lewer jaar na jaar uitstekende resultate. Boere is altyd op die uitkyk na optimale onkruidbeheer, maar wil terseltertyd sy opsies oophou vir opvolggewasse. Monsanto se Roundup Ready-tegnologie bied die ideale oplossing en ook bestuursgemak en gemoedsrus.
Maar ons glo dat die integrasie van ons produkte - chemiese gewasbeskerming, biotegnologie en saad – ons in ’n sterker posisie plaas om oplossing vir u behoeftes te bied.
|